Impak van ’n verkorte beplanningshorison

01 December 2020 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher – Markte bly onstabiel vanweë talle onsekerhede en die vraag is hoe normale markseine verstaan en/of vertolk moet word. Tegnies herlei bemarkingstelsels inligting tussen die twee belangrikste punte binne ’n waardeketting, naamlik produksie en verbruik by wyse van pryse. Die resultate van die gedrag wissel en is ongelyk in terme van reaksie. Goeie voorbeelde is waar winkels tans probeer om opgepotte voorrade te skuif deur middel van aggressiewe advertensies, want versigtige verbruikers moet as gevolg van die pandemie anders hanteer word.
Net so is lae uitverkopingspryse ook nie ‘n doeltreffende rigtingwyser aan produsente nie. Talle faktore dra by tot wisselende gedrag aan beide kante van die waardeketting.
Plaasvlakproduksie verander nie oornag nie en ‘n besluit om produksie aan te pas by veranderde vraagomstandighede neem tyd. Dit is eie aan landbouproduksie. So kan ‘n melkboer wat as gevolg van hoër pryse besluit om meer melk te produseer, nie oornag sy besluit omkeer nie. Dit is ‘n proses. Wanneer pryse styg, wil boere eers bevestiging kry dat dit redelik lank op ‘n hoër vlak sal bly en dan stappe doen om meer melk te produseer. Dit kan lei tot verhoogde produksie per koei en/of meer koeie wat gemelk word. Dit kan tot gevolg hê dat meer melk selfs teen dalende pryse geproduseer moet word. In daardie stadium kan die boer nie ewe skielik probeer om Blommetjie se 30 liter melk per dag af te bring na 15 liter per dag om sy totale produksie te verminder nie. Hy moet die lae pryse verduur en ander weë vind om wins te maak.
Aan die verbruikerskant is reaksie wel vinniger, maar ook nog nie vinnig genoeg nie. Brood en botter aankope is prysgedrewe, maar daar is elemente van handelsmerk-differensiasie. Wanneer beursies onder druk is, koop die meeste die goedkoopste. Baie geld word bestee om verbruikers te probeer oorreed om van handelsmerk te verander. Spesiale kortings soos met Swart Vrydag kan ‘n positiewe impak op verkope hê, maar in die geval van sogenaamde wit goedere is dit nie maklik nie. As die yskas nog heeltemal goed werk, sal dit baie oorreding kos om op Swart Vrydag ‘n nuwe een te koop koop, al kos dit 50% minder.
Met hierdie in gedagte, ontstaan die vraag hoe produsente en verbruikers nou moet reageer. Verbruikers se inkomste is onder druk en dié met geld, is baie versigtig met besteding. Aanloklike aanbiedinge het ook nie noodwendig trefkrag nie. Trouens, daar is ‘n deurlopende soeke na groter sekerheid, maar wat ons duidelik nie meer beskore is weens die pandemie nie.
Die gebruik was om midde die onsekerheid terug te val op die bekende standaardprosedure en om self deur middel van allerlei ingenieursfoefies om moontlike oplossings te máák werk.
Wat nou aan die orde is, word beskryf as “lei van die moontlike” versus “die konvensionele bestuur van die waarskynlike”. Dit beteken dat beplanningshorisonne ingeperk word en vandaar die blywende onsekerheid. ‘n Amperse gemasjineerde benadering tot probleemoplossing maak plek vir groter pragmatisme met verskillende moontlike antwoorde. Die spektrum van alternatiewe verbreed en hierin is ‘n klomp opwindende uitdagings opgesluit.
Verbruikers dink en doen anders en is minder voorspelbaar omdat die kanse om te manipuleer verskraal. Hierdie verwikkeling moet deur boere verdiskonteer word om produksie dienooreenkomstig te rig. Saamgelees met die feit dat boere prysnemers is met min tot geen vermoë om prysdiskriminasie toe te pas nie, blyk mobiliteit ten opsigte van tydige aanpassings in gedrang te bly.
Daar is egter goeie nuus en wel tot die mate wat die funksionaliteit van waardekettings verbeter omdat verbruikers anders en onkonvensioneel dink. Verbeterde intra-waardeketting-kommunikasie gaan verbruiker en produsent nader aan mekaar bring, met gevolglike versnelde reaksie. Digitale bemagtiging van die verbuiker sal oorspoel tot die plaashek en die nuwe normaal sal ‘n afgeleide van spoed word.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
47 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies