Impak van MIV/vigs onder soeklig
Impak van MIV/vigs onder soeklig

Impak van MIV/vigs onder soeklig

Namibië moet “presies” weet hoe MIV individuele Namibiërs raak.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die eerste bevolkingsgebaseerde opname van MIV/vigs in Namibië skop eersdaags af.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het die studie Woensdag amptelik in Windhoek onderneem en gesê dit sal 'n beter oorsig oor die trefwydte, voorkoms, en ander verwante data oor die MIV-pandemie in die land bied.

Volgens Haufiku sal die ingesamelde data help om te sien waar meer gefokusde pogings nodig is om die oordrag van die siekte te voorkom en uiteindelik die pandemie te beëindig.

Hy het beklemtoon die opname is “heeltemal vertroulik”, en dat geen inligting aan 'n derde party bekend gemaak sal word nie.

Die opname, waaraan 26 000 mense uit verskillende huishoudings sal deelneem, sal deur opgeleide en ervare gesondheidspersoneel uitgevoer word.

Haufiku het die land se verspreide bevolking en inheemse ­nomadiese groepe soos die San en Ovahimba as moontlike struikelblokke in die uitvoer van die studie uitgewys.

Die opname gaan nie net op manlike en vroulike volwassenes fokus nie, maar vir die eerste keer ook op babas.

Volgens Haufiku is Namibië nou een van die min lande suid van die Sahara wat bevolkingsgebaseerde MIV-studies uitvoer.



WETENSKAPLIKE DATA NODIG

“Sonder die wetenskaplike en betroubare data waarna ons in hierdie studie soek, is ons soos mynwerkers wat ondergronds sonder kopligte werk,” het hy gesê.

Hy het gesê deelnemendes sal in hul huise getoets word en sal ook berading ontvang.

Haufiku het daarop gewys dat dié proses nie normale berading en MIV-toetsing in private sowel as ­openbare gesondheidsgeriewe vervang nie.

Intussen het die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, mnr. Thomas Daughton, gesê sowat 80% MIV-­positiewe Namibiërs is bewus van hul status.

Tussen 75% en 80% van MIV-positiewe Namibiërs ontvang tans anti­retrovirale behandeling, terwyl die virus in 87% van dié wat behandel word, onderdruk is.

Daughton het benadruk dat meer inligting nodig is omdat daar steeds feite oor die epidemie is “wat ons nié weet nie, maar behoort te weet”.

“Ons het 'n bevolkingsgebaseerde perspektief nodig om die volle omvang te begryp van dit wat nog nie gedoen is nie. Ons moet presies weet hoe MIV Namibië op die vlak van individuele Namibiërs raak.”

Daughton het verwys daarna dat ­tienermeisies in Namibië twee tot vyf keer meer geneig is as tienerseuns om met MIV geïnfekteer te word.

“As ons volledige, plaaslike data het wat wys hoe tienermeisies in Namibië die MIV-infeksiesiklus betree, kan ons beter stappe neem om infektering onder dié meisies te verhoed,” sê hy.

Volgens die ambassadeur hou die gesondheidstelsel ook nie alle MIV-positiewe pasiënte op behandeling nie.

“Indien ons volledige plaaslike data het oor hoekom pasiënte hul behandeling staak, kan ons beter maniere ontwikkel om te verseker dat pasiënte voortgaan om dit te neem. Die identifisering en behandeling van mense wat nog nie in die stelsel opgeneem is nie, gaan meer en meer van 'n uitdaging raak soos Namibië nader aan die bereiking van sy doel kom.”

Volgens Daughton gaan meer as ­­26 000 mense die geleentheid kry om 'n bydrae te lewer.

Die opname sal inligting versamel oor hoeveel mense tans met MIV geïnfekteer is, hoeveel nuwe gevalle van infekterings bestaan, asook hoeveel geïnfekteerdes doeltreffend behandel word.

“Dié inligting sal gebruik word om gesondheidsdienste vir almal in Namibië te verbeter.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!