IMF voorspel ekonomiese groei van 4% in 2018
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) voorspel Namibië se ekonomiese groei sal in 2018 sowat 4 persent beloop.
Mnr. Geremia Palomba, die IMF se hoof in Namibië, het gesê die verwagte groei is die gevolg van produksie deur nuwe myn-, vervaardigings- en kleinhandelbedrywe in die land.
Palomba het egter beklemtoon die rrisiko's wat hierdie groei kan kelder, is die onvoorspelbare inkomste uit die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu), gedempte kommoditeitspryse en fiskale skommelinge. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie