IMF: SA sloer met stappe vir groei
IMF: SA sloer met stappe vir groei

IMF: SA sloer met stappe vir groei

Volgens die Internasionale Monetêre Fonds gaan van die vordering wat Suid-Afrika ná die einde van apartheid gemaak het, weens ’n ekonomie wat té stadig groei tot niet.
Hanlie Stadler – Suid-Afrika moet dringend stappe doen wat beleggings en werkskepping in veral telekommunikasie en mynbou sal aanmoedig, sê die Internasionale Monetêre Fonds (IMF).

Die liggaam sê daar moet ook vinniger gevorder word om die fiskale risiko te verlig wat skuldbelaaide staatsondernemings – veral Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens – vir die staatskas meebring.

IMF-amptenare het Maandag ’n verklaring uitgereik ná sogenaamde art. IV-konsultasies wat tussen 28 Mei en 11 Junie in Suid-Afrika gehou is.

Die IMF sê weens die trae ekonomiese groei gaan van die vordering wat Suid-Afrika ná die einde van apartheid gemaak het, tot niet.

Die IMF besoek lidlande jaarliks om ’n ekonomiese en finansiële beoordeling te doen. Volgens die tesourie het die IMF-amptenare met verteenwoordigers van die regering, staatsondernemings, die sakesektor, vakbonde en die akademie in gesprek getree.

Aan die positiewe kant het die IMF erkenning gegee aan die sterk punte van Suid-Afrika se ekonomie. Die ekonomie bly goed geïntegreer met die wêreldekonomie, is gediversifiseerd en het ’n gesofistikeerde finansiële sektor.

Suid-Afrika se sterk instellings en jong arbeidsmag skep die potensiaal vir vinniger ekonomiese groei – potensiaal wat die land nie op die oomblik bereik nie.

Die IMF lig beleidsonsekerheid en oormatige inmenging in die ekonomie deur die staat uit as faktore wat private investering ontmoedig.

Daarby is staatsondernemings ondoeltreffend, die arbeidsmark onbuigsaam en is daar onvoldoende mededinging.

Ondanks onder meer die ondersoek na staatskaping wat pres. Cyril Ramaphosa van stapel gestuur het, bly die IMF bekommerd oor korrupsie.

In sy reaksie op die IMF-verklaring wys die tesourie op stappe wat die regering beoog om werk te skep, soos die beraad oor werkskepping wat later vanjaar gehou word en wat die regering, sakesektor en vakbonde betrek, en die inisiatief vir jeugindiensneming (Yes), wat in Maart vanjaar bekend gestel is met die doelwit om oor die volgende drie jaar miljoen betaalde internskappe te skep.

Daar word ook weer verwys na die beleggingskonferensie wat in September gehou word nadat Ramaphosa vroeër vanjaar gesê het hy wil $100 miljard se nuwe beleggings van plaaslike en buitelandse maatskappye oor die volgende vyf jaar lok.

Die tesourie sê “geleidelike vordering” word gemaak met die hervormings waarvoor die IMF pleit, insluitend bestuursveranderinge by staatsondernemings en die nuwe konsepweergawe van die derde Mynbouhandves wat op die oomblik bespreek word.

“Die regering stem met die IMF se sienings saam oor hoe dringend ’n hervormingsagenda in werking gestel moet word soos in die Nasionale Ontwikkelingsplan uiteengesit word. Ons bly daartoe verbind om inklusiewe groei te behaal wat werk sal skep, armoede sal uitwis en ongelykheid sal verminder.

“Wat die IMF se kommer oor fiskale beleid en skuldvlakke betref, beklemtoon die regering weer ons verbintenis daartoe om die begrotingstekort te verklein en skuld te stabiliseer. Die regering moet fiskale volhoubaarheid volhou om ’n stabiele platform vir groei te verseker.”

Die IMF het sy verwagting vir Suid-Afrika se ekonomiese groei onveranderd op 1,5% vanjaar en 1,7% in 2019 gelaat.

Die IMF verwag dat die tekort op die lopende rekening vanjaar tot 2,9% van die bruto binnelandse produk (BBP) sal styg en in 2019 tot 3,3%. Die tesourie het in Februarie onderskeidelik 2,3% en 2,7% voorspel. Die tekort was in 2017 2,5%. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.30/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.46/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 859.40/T UP 1.33% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 929.86/OZ DOWN -0.0068 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.86 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 133.03 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.30/OZ UP +0.10% | Copper US$ 4.46/lb UP +0.96% | Zinc US$ 2 859.40/T UP 1.33% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 929.86/OZ DOWN -0.0068