Imalwa verduidelik Heinaste-transaksie
Imalwa verduidelik Heinaste-transaksie

Imalwa verduidelik Heinaste-transaksie

Dit blyk nog beslagleggingsaansoeke kan uit die Fishrot-ondersoek spruit.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die nagenoeg N$280 miljoen wat Tunacor Fisheries betaal het om die gekonfiskeerde maasbanker-fabrieksboot MFV Heinaste by die Namibiese aandeelhouers van die Yslandse groep, Samherji Group, te koop, is nou deel van die bates waaroor kurators ingevolge ’n hofbevel waak.

Die polisie het die boot verlede jaar gekonfiskeer kort nadat die bom oor Fishrot gebars en Samherji se beweerde betrokkenheid by dié omvangryke maasbankerkwota-skandaal aan die lig gekom het.

Samherji het Woensdag in ’n verklaring gesê die verkoopstransaksie met Tunacor is voltrek, en die vaartuig is na die Tutungeni herdoop.

“Die afgelope maande is pogings aangewend om die bedrywighede van Samherji-geaffilieerde maatskappye in Namibië te beëindig. Dit is in oorleg met die Namibiese owerhede gedoen,” sê Samherji en voeg by deel van die taak was om die lot van die Heinaste te bepaal.

Die maatskappy sê verder die beslaglegging van die Heinaste is opgehef nadat die aanklaer-generaal van Namibië, me. Martha Imalwa, Dinsdag ’n brief in dié verband onderteken het.

“Ander onbeduidende bates in Namibië word steeds deur die beslaglegging geraak, maar kwessies wat daarmee verband hou sal in die komende maande in noue oorleg met die owerhede opgelos word,” lui die verklaring.

Imalwa het gister by navraag verduidelik sy het nie die beslaglegging gelig nie, maar die polisie het.

Sy sê hoewel sy ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca), nr. 29 van 2004, by die hoërhof in Windhoek aansoek gedoen het dat beslag gelê word op die bates van die Fishrot-6 en die maatskappye en beslote korporasies wat aan hulle behoort of waarmee hulle sake gedoen het, was die Heinaste in bewaring van die polisie.

Dié ses is die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, sy skoonseun, mnr. Tamson (Fitty) Hatuikulipi, die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala en sy vriend en sakevennoot, mnr. James Hatuikulipi (’n neef van Fitty) asook mnr. Pius Mwatelulo.

Verder sê sy, moet Namibiërs besef hoewel die vaartuig verkoop is, kan Samherji nie sy hande op die geld lê nie.

“Die rekening waarin die geld oorbetaal is, maak deel uit van die beslaglegging ingevolge die tussentydse Poca-bevel,” sê Imalwa.

Samherji se Namibiese beleggingsmaatskappy Tidle Wave Investments Ninety Two het in 2013 ’n lening by die Sipriaanse maatskappy Heinaste Investment bekom om die vaartuig te koop.

Verskeie maatskappye het aandele in die vaartuig gehad, met dié van Tidle Wave Investments Eighty Seven (Esja Fishing) wat die grootste was, blyk dit uit die aandeelhouersooreenkoms van dié beleggingsmaatskappy.

Imalwa verduidelik die Heinaste was sedert die beslaglegging in die Walvisbaaise hawe op anker.

“Die ingenieurs aan boord wat na die enjins moes omsien, moes steeds betaal word.”

Sy verduidelik daarom was dit beter om van die vaartuig afstand te doen en op die geld wat daarvoor betaal is, beslag te lê.

Imalwa sê dit is die taak van kurators wat deur die hof aangestel is om die groot hoeveelheid vaste en roerende bates in bewaring te hou tot die strafregtelike verhoor eendag afgehandig is, om dit in die beste belang van die partye te bestuur. Die kurators is die bate-administrateurs, mnre. Ian McLaren en David Bruni.

Die partye is die staat, aan wie die bates verbeurd verklaar sal word indien hulle skuldig bevind word, maar ook die beskuldigdes en die betrokke maatskappye en beslote korporasies wat hulle besit, sê Imalwa.

Sy wys daarop hierdie bates het net betrekking op klagte wat spruit uit die beweerde korrupsie in die toekenning van maasbankerkwotas aan die maatskappy Namgomar Pesca Namibia.

Imalwa sê dit is net een been van die staat se saak. Die ander hou verband met die toekenning van kwotas deur die staat se vismaatskappy, die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor).

Op ’n vraag op nog Poca-aansoeke vir batebeslaglegging kan volg, het sy gesê sy wil nie die saak voortuit loop nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.28 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.95 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%