Imalwa steeds aanklaer-generaal
Imalwa steeds aanklaer-generaal
Ontleders: Goed vir Fishrot-ondersoek
23 December 2020 | Regering
Jemima Beukes
Ontleders glo die heraanstelling van me. Martha Imalwa as die aanklaer-generaal is ’n positiewe ontwikkeling aangaande die ontvouende Fishrot-korrupsieskandaal wat Namibië geskok het.
Die aanstelling is deur pres. Hage Geingob op aanbeveling van die Regskommissie (JSC) gemaak.
Imalwa het onlangs die besluit geneem om individue te vervolg wat by dié skandaal betrek word. Nóg twee mense het hulself Maandag aan die Teenkorrupsiekommissie (ACC) oorgegee.
Die regbank het Maandag aangekondig dat Imalwa vir die volgende vyf jaar – tot Desember 2025 – heraangestel is in die posisie wat sy sedert 2004 beklee.
KONTINUïTEIT
Die politieke ontleder, mnr. Graham Hopwood, het gesê dit is ’n jammerte dat die aanstellingsowerheid nie gehoor gegee het aan die oproepe van die Affirmative Repositioning (AR) vir 'n openbare werwingsproses nie.
Hopwood het egter bygevoeg dat dit andersins 'n goeie aanstelling is, omdat dit voorsiening maak vir 'n gevoel van kontinuïteit in die Fishrot-skandaal.
“Dit is ’n baie ingewikkelde saak waarby verskeie maatskappye en individuele bankrekenings in verskillende jurisdiksies betrokke is. Aangesien sy reeds op die punt is om vervolgings goed te keur, is dit verstaanbaar dat iemand wat kennis van die saak het in beheer is,” het hy gesê.
Nog ’n politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, glo ook dat haar aanstelling prysenswaardig is.
“Haar kantoor is in die middel van ’n groot korrupsiesaak. Jy benodig iemand wat vertroud is met die saak in plaas van om ’n nuwe persoon in te bring wat eers die prosesse moet leer en dalk die saak kan belemmer,” het hy gesê.
Hy sê egter dit is nie raadsaam om ’n persoon vir té lank in só ’n kritieke en invloedryke posisie te laat dien nie.
“Ja, die persoon mag bekwaam wees, maar ek glo ook dat ander professionele mense ’n geleentheid gegun moet word sodat ons kan sien hoe hulle in die stelsel presteer. Die Namibiese volk vra al lank vir dit,” het hy gesê.
ONDER VUUR
Imalwa is in die verlede gekritiseer omdat sy glo met groot sake sloer en nie daarin slaag om belangrike korrupsiesake te vervolg nie.
Tydens ’n mediakonferensie verlede jaar het sy gereageer op diegene was haar as die “hoof van korrupsie” gebrandmerk het.
“As ek korrup is, hoekom is ek nog nie vervolg nie?” het sy gevra en bygevoeg dat sy nie bo die reg is nie.
Destyds het sy ook die bewerings ontken dat sy vooraanstaande politici en hul makkers van vervolging beskerm het, en sy hulle toegelaat het om die land se wette te verontagsaam sonder vervolging.
- [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
20 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
20 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
20 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
20 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
20 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
20 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
20 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
20 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies