Imalwa su00ea oor GIPF-appel
Imalwa su00ea oor GIPF-appel

Imalwa sê oor GIPF-appel

Die aanklaer-generaal is opnuut in die spervuur nadat sy gister lig probeer werp het op omstrede sloerende sake.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die oudvakbondleier en hedendaagse politikus mnr. Evilastus Kaaronda sê hulle oorweeg steeds regstappe teen die aanklaer-generaal, me. Martha Imwalwa, oor die regering se pensioenfonds (GIPF).

Imalwa het gister die media toegespreek oor die gebrek aan vordering met die verdwene N$660 miljoen se GIPF-geld en die stand van sake met betrekking tot die ontslape SME Bank.

Sy sê haar kantoor het na 20 dossiere gekyk en in 18 gevalle teen vervolging besluit.

In een geval gaan ’n man in Oktober voor die hof op Oshakati gedaag word, terwyl ’n ander dossier steeds bestudeer word, het Imalwa gister gesê.

Die naam van die verdagte kan eers onthul word sodra hy sy eerste verskyning in die hof gemaak het, het sy gemaan.

Kaaronda het gister by navraag gesê: “Haar kantoor kan nie bekostig om meer geloofwaardigheid en openbare vertroue te verloor nie.”

Hy sê: “As om haar hof toe te neem die enigste manier is om die integriteit van haar kantoor te bewaar, en is wat ons móét doen, dan sal ons dit sekerlik doen.”

Volgens hom is daar niks onvoldoende aan die beskikbare getuienis teen diegene wat onregmatig baat gevind het by staatsamptenare se pensioengeld nie.

“Sy moet net haar stories agtermekaar kry.”

Gister het Imalwa egter gesê hul besluit om die meeste mense nie te vervolg nie is meegebring deur dokumentasie wat onbeskikbaar is omdat baie instellings dokumente nie vir langer as vyf jaar bewaar nie.

Hiernaas, het sy gesê, kon sekere van die moontlike getuies weens die lang tydsverloop ook nie van die gebeure onthou nie.

’n Ander struikelblok was dat GIPF-werknemers wat met die inligting gewerk het nie meer daar werksaam was nie of intussen dood is.

“Dit is betreurenswaardig,” het sy toegegee. “Ons is ook Namibiërs. Ons is ook mense wat tot die GIPF-pensioen bygedra het. Meer as N$660 miljoen is in die proses verloor.”

Dit het ’n problematiese oefening geword om die geld se spoor tydens die ondersoek te vind, het sy gesê.

PDM vra

Mnr. Nico Smit, die tesourier-generaal van die Popular Democratic Movement (PDM), die amptelike opposisie, het gister voor die nuuskonferensie gesê: “Wat ons van haar wil hoor, is wanneer sal die verdagtes in hegtenis geneem en voor die hof gedaag word. Die Namibiese nasie is moeg van haar beskerming van die verdagtes.”

Imalwa ontken aantygings

Die aanklaer-generaal het gister gesê hoewel sy in ballingskap by die bedrywighede van die regerende party betrokke was, woon sy deesdae nie eens ’n Swapo-vergadering by nie.

Dieselfde geld vir haar familielede.

Sy is nie korrup nie en gaan haar nie deur mense laat voorsê wie en wanneer om te vervolg nie, het sy gesê.

Eweneens, sê sy, is dit onwaar dat dossiere in haar kantoor stof opgaar. Trouens, geen dossier was ooit vir langer as ’n jaar in hul besit voor ’n beslissing gemaak of verdere voorskrifte gegee is nie.

SME Bank se saak nog hangend

Imalwa sê die dossier oor die verkwisting by die SME Bank het nog nie haar kantoor bereik nie.

Katrina-saak laat vaar

Intussen het Imalwa gister gesê die staat het besluit om te berus by regter Christie Liebenberg se vonnis teen Katrina Hanse-Himarwa, die eertydse minister van onderwys.

Liebenberg het vir Hanse-Himarwa op 8 Julie op een klag van korrupsie skuldig bevind wat met haar termyn as goewerneur van die Hardapstreek verband hou.

Regter Liebenberg het Hanse-Himarwa op 31 Julie met N$50 000 beboet, en alternatiewelik twee jaar gevangenisstraf en ’n aanvullende eenjaartronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is mits sy nie in daardie tydperk aan ’n soortgelyke misdaad skuldig bevind word nie.

Imalwa sê die staat het besluit om nie om verlof om te appelleer aansoek te doen nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!