Ileni weer kalm ná oproer
Vrede het teruggekeer na die Ileni-woonbuurt op Keetsmanshoop nadat stamgevegte Sondagmiddag tussen die Nama en Oshiwambo inwoners uitgebreek het.
Hoofspeurinsp. Theodore Kotungondo van die polisie op dié dorp het vanoggend aan Republikein gesê die toestand in die woonbuurt is weer kalm.
Die polisie moes gister met traangas ingryp om die strydende groepe uiteen te dryf. Drie mense is in die gevegte beseer, onder wie 'n vrou wat deur die hand geskiet is.
Foto: Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie