Ikone op Downsindroomdag gevier
Ikone op Downsindroomdag gevier

Ikone op Downsindroomdag gevier

Die derde jaarlikse Downsindroomdag het onlangs in Windhoek plaasgevind.

First National Bank (FNB) was deur die FirstRand Namibia Foundation Trust as borg en ondersteuner deel van dié dag vol pret en plesier, en het die inisiatief van die Downsindroomvereniging van Namibië (DSAN) met N$150 000 ondersteun.

Volgens me. Revonia Kahivere, CSI-bestuurder van FNB Namibia, was dit ’n wonderlike ervaring om gesinne met kinders met spesiale behoeftes te sien wat die suksesse van mense met downsindroom vier.

“Ons weet kinders met spesiale behoeftes moedig ’n spesiale soort liefde aan. Julle bring jul seuns en dogters omdat julle trots is op hulle,” het sy gesê.

Volgens Kahivere is FNB ’n groot voorstander van die ontwikkeling van gesondheid en gemeenskappe.

In dié verband het hulle kragte met DSAN gesnoer in ’n poging om ’n gemeenskap te skep waarin aanvaarding, wedersydse respek en uitsonderlike hulpvaardigheid heers.

“Ons is jare reeds groot ondersteuners van DSAN – hoofsaaklik omdat ons in ’n inklusiewe samelewing glo.”

Sy het die Namibiese vereniging vir sport vir gestremdes vir hul toewyding bedank en het na ikone verwys wat ander ondanks hul gestremdheid inspireer.

Kavihere het verwys na die 18-jarige model Madeline Stuart, wat die weg baan vir mense met gestremdhede en een van die min modelle met downsindroom wat tydens die New Yorkse modeskou op die loopplank was.

Sy het ook verwys na John’s Crazy Socks, ’n pa-en-seun onderneming, wat deur die medestigter, John Lee Cronin, geïnspireer is.

John leef ook met downsindroom.

“In Namibië is daar Namasiku van der Linde. Sy het veggees, staan nooit terug en gee nooit op nie; sy verstom ons almal. Sy val, staan op – selfs al beteken dit sy moet sewe keer val en agt keer opstaan.”

Kahivere het ’n beroep op Namibiërs gedoen om mense met downsindroom in te sluit en nie anders te behandel nie.

“Ja, hulle is spesiaal, maar terselfdertyd is hulle ook volwaardige lede van ons samelewing en moet daarom geleenthede gegun word om hul vaardighede te ontwikkel en talente ten toon te stel. Kom ons verwelkom hulle en laat hulle toe om te wys hul verskille is deel van wat hulle inspirerende mense maak.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!