Ikeys se droogte ál langer
Rugby
Francois de Wet
Ondersteuners van die Universiteit van Kaapstad se Ikeys-rugbyspan sal nog so 'n bietjie langer vir 'n eerste oorwinning in Varsitybeker-rugby moet wag.
Die Nelson Mandela-Universiteit (NMU-Madibaz) het die Ikeys Maandagaand met 36-8 op Ravensmead se Floridapark in Kaapstad geklop.
Die Ikeys, wat nie 'n enkele wedstryd in verlede jaar se kompetisie gewen het nie, kon net nie die mas opkom teen 'n baie ervare trop Madibaz nie.
Die Madibaz het teen die rustyd reeds 'n gemaklike voorsprong in die kragmeting geniet toe drieë deur hul skrumskakel, Luvo Claasen, Kevin Kaba (agtsteman en kaptein) en Jixie Molapo gehelp het dat hulle met 24-3 voorloop. Die NMU-losskakel, Simon Bolze, het drie doelskoppe en 'n strafdoel in die eerste helfte behaal.
Die Madibaz het hul voorsprong vroeg in die tweede helfte gerek, toe Andile Jho 'n goeie breekslag deur Claasen afgerond het.
Met die bonuspunt verseker, het die Baaienaars gelyk asof hulle hul voet van die versneller gehaal het.
Dit het die Ikeys toegelaat om so 'n bietjie druk toe te pas, wat op die ou end tot 'n drie vir hul haker, Cuan Hablutzel, gelei het.
Die NMU sou egter die laaste sê hê, toe die slot Wynand Grassman oor die doellyn vir sy span se vyfde drie gestormloop het.
Kaba is as die speler van die wedstryd aangewys.
Puntemakers
NMU 36 (24): Drieë: Luvo Claasen (5), Kevin Kaba (5), Jixie Molapo (5), Andile Jho (5), Wynand Grassman (5). Doelskoppe: Simon Bolze (4). Strafdoel: Bolze.
Ikeys 8 (3): Drie: Cuan Hablutzel (5). Strafdoel: Lohan Lubbe.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie