Ikeys se afrigter loof spelers se dapperheid

07 April 2021 | Sport
Marnus Kok – Ná Ikeys se effens verrassende oorwinning oor Maties in die Varsitybeker-rugbyreeks gaan jy waarskynlik vandeesweek sukkel om ’n gelukkiger mens as die wenspan se afrigter, Tom Dawson-Squibb, te kry.
Ten spyte van vier spelers wat met geelkaarte van die veld gestuur is, het die Ikeys steeds daarin geslaag om Maandag in Pretoria met 26-20 te wen. Die wenspan het in ’n stadium in die eerste helfte slegs 13 spelers op die veld gehad.
“Ons het juis vir mekaar gesê dat die laaste sege oor Maties (in die Varsitybeker) in 2014 was. So, dit was ’n lang tyd gelede,” sê Dawson-Squibb.
“Verlede jaar, voordat die seisoen kortgeknip is, het ons net-net, met een punt, verloor. Maar daar was nie sprake dat ons wraak wou neem vir daardie nederlaag nie. Almal was net so opgewonde en bly om weer te kan speel.”
Om dit boonop reg te kry teen die Stellenbossers, wat die reeks die laaste paar jaar oorheers en hul tradisionele aartsvyand is, sal die spelers se selfvertroue ’n hupstoot gee. Ikeys het dié reeks in 2011 en 2014 gewen.
“Daar is steeds baie om aan te werk. Ons het geweet wat Maties se taktiek is en daarvolgens beplan en op die dag was ons taktiek reg,” sê Dawson-Squibb.
“Ek dink ons verdediging en die manier waarop ons hul rolmale gestop het, was goed. Die spelers was regtig dapper. Maties is ’n sterk span wat beter en beter sal word soos wat die kompetisie vorder.”
Benewens die Ikeys se goeie verdediging het hulle jag gemaak op die losbal – met hul kaptein, die flank Liam Greenhalgh, aan die voorpunt.
Hoewel Dawson-Squibb erken “ons het nooit beplan om vier geelkaarte te kry nie”, sê hy dit is nie vir hom nodig om sy spelers oor klaarblyklike gebrekkige dissipline oor die kole te haal nie.
Die Ikeys kom Donderdag in die tweede ronde van wedstryde teen Wits te staan. Toe die twee spanne in 2020 kragte gemeet het, was die eindtelling 10-elk.
Waar die Kapenaars sal oorloop van selfvertroue, sal die Johannesburgers wil wys dat hul nederlaag in hul eerste wedstryd, Sondag teen Tuks, ’n glipsie was.
“Ons weet Wits is ’n sterk span wat baie goed deur Hugo van As afgerig word. Hulle hou van rolmaalbewegings en ons sal moet seker maak dat ons dit kan stop,” sê Dawson-Squibb.
“Ons vaste fasette sal baie goed moet wees. Daarby weet ons dat Wits ’n paar agterspelers het wat gevaarlik is met die bal in die hand.”
– Netwerk24
FOTO’s
Die Ikeys se senter Evardi Boshoff (regs) en nog ’n spanmaat kry David Brits, kaptein van die Maties, Maandag in Pretoria beet. Foto Gallo Images
Tom Dawson-Squibb, afrigter van Ikeys. Foto Gallo Images

Soortgelyk
RMB Song Night vier ’n dekade
3 ure gelede | Kuns en vermaak
Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax
3 ure gelede | Gesondheid
FlyWestair brei binnelandse vlugte uit
3 ure gelede | Vervoer
Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe
5 ure gelede | Gesondheid
Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut
6 ure gelede | Mense
Floyd-moordverhoor: Skuldig!
6 ure gelede | Internasionaal
Sprinkane nou in 11 streke
16 ure gelede | Landbou
Pensioenaris in haar huis vermoor
16 ure gelede | Misdaad
Miljoene vir vervalste maskers
16 ure gelede | Howe
Kleinadvertensies