Iimbili het vrede

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
HY is geraak deur die wyse waarop vakansiegangers hulle tot dusver gedra het en het baie meer sake verwag, het landdros Gibson Iimblili vandeesweek gesê toe hy na verskeie aanklagte van dronkbestuur en ander kleiner misdade op Swkopmund geluister het.
Landdros Iimbili het die opmerking gemaak toe hy twee Namibiërs en besoeker van Botswana vir dronkbestuur gestraf het. Swakopmund en Walvisbaai se hofrolle was tot 28 Desember nog taamlik vol met die meeste sake wat nou uitgestel is vir verdere ondersoek.
Landdros Iimbili het al drie die oortreders tot boete van N$2 000 of een jaar tronkstraf gevonnis en hul rybewyse vir drie maande opgeskort. Carios De Gouweis (35), Ivor Wright (34) van Botswana en Wilson Maartjies (40) is op verskillende plekke op Swakopmund betrap waar hulle voertuie onder die invloed van drank bestuur het.
In nog saak voor landdros Iimbili het die hof gehoor hoe twee negentienjarige seuns vier dae oor die Kersnaweek in die selle moes deurbring nadat hulle elkeen met sowat 12 g dagga betrap is. Die straatwaarde van die dagga is sowat N$30 en landdros Iimbili het samgestem dat hul straf as eerste oortreders lig gehou moet word, veral ná wat hulle moes deurgaan. Hy het die twee jong manne boete van N$300 elk opgelê met ferm waarskuwing dat hulle hulself nie weer aan so oortreding moet skuldig maak nie.
Die verkeersafdelings van die kusdorpe het saamgestem dat feesgangers hulle vanjaar in die algemeen besonder goed gedra en die hoop uitgespreek dat die Nuwejaarsvieringe sonder voorvalle sal verloop. Die verkeersafdelings sal deurgaans aan diens wees en veral let op dronkbestuurders, bestuurders sonder rybewyse en mense wat nie hul veiligheidsgordels gebruik nie.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

13 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

13 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

13 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

13 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

13 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

13 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

13 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...