Iilonga breek uit sy kettings – Geingob
Yanna Smith
Pres. Hage Geingob sê die dood bly 'n bitter pil om te sluk.
“Daar is nooit maklike oomblikke wanneer mens gedwing word om 'n kameraad op sy laaste reis na sy ewige rusplek te vergesel nie; ons sal altyd sukkel om met die dood vrede te maak,” het Geingob Saterdagoggend tydens die begrafnis van die bevrydingsheld mnr. Peter Iilonga gesê.
Volgens die staatshoof is die enigste troos dat Iilonga sy rusplek vind neffens ander helde en heldinne, wat by die Heldeakker aan Windhoek se buitewyke begrawe is en nie meer met die lewe 'n stryd hoef te voer nie.
Geingob het Iilonga terselfdertyd vir sy bydrae tot die land bedank.
“Ons bedank jou, seun van die Namibiese aarde, kind van die Etilyasa-nedersetting, vir 'n vol lewe in diens van jou gesin en die burgers van hierdie land.”
Die president het voorts gesê wanneer hy aan Iilonga, 'n gesoute kampvegter vir arbeidsregte, dink, onthou hy die Marxistiese mantra: “Werkers van die wêreld, verenig. Julle het niks om te verloor behalwe jul kettings nie.”
Geingob sê Iilonga het sy lewe gewy aan werk om welvaart, mensgedrewe demokrasie en 'n sterk, gesonde, veilige en ekonomies bemagtigde werkerskorps te bevorder.
Hiernaas het die ontslape Iilongo hom ook vir 'n verenigde en vreedsame Namibië beywer.
“Sy werk het op 11 Desember ten einde geloop – die dag toe hy sy kettings afgeskud het en nie langer deur aardse arbeid gebind is nie.”
Geingob het aan roubeklaers gesê Namibiërs moet hulle daartoe verbind om 'n beter samelewing te bou as hulle Iilonga se nalatenskap wil huldig.
“Kom ons bou 'n samelewing waarin die geneigdheid om te deel die behoefte aan selfverryking oorskry. Kom ons bou 'n samelewing waarin ons werkers gewaardeer word en waarin hulle 'n geleentheid gebied word om hul ekonomiese welvaart te verbeter.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie