Ignoreer hofgeding, vra Zanu-PF
Zanu-PF se nasionale kommissaris, het ondersteuners aangemoedig om die nasionale heldedag en die nasionale weermagdagviering by te woon.
Zimbabwe se regerende party, Zanu-PF, het sy ondersteuners versoek om die hofgeding oor die verkiesingsuitslae deur die Movement for Democratic Change (MDC), die land se hoof-opposisieparty, te ignoreer.
Die MDC het Vrydag appèl by die konstitusionele hof ingedien teen die uitslae. Daardeur is pres. Emmerson Mnangagwa se inhuldiging wat Sondag sou plaasvind, uitgestel.
Zanu-PF se prokureurs het daarna beweer die MDC het die spertyd gemis om ’n petisie oor die land se verkiesing by die hof in te dien.
Volgens The Sunday Mail het die party se prokureurs gesê daarom moet die MDC se hofaansoek van die hand gewys word.
HOFSTUKKE
Die MDC se prokureurs het Vrydag, minder as ’n uur voor die spertyd, by die hof opgedaag om hofstukke in te dien waarin hulle beweer die dat verkiesing van 30 Julie gemanipuleer is.
Zanu-PF voer ook aan dat die dokumente nie by die adres van die verkose president, soos aan die Zimbabwiese verkiesingskommissie vir die doeleindes van die verkiesing verskaf is, afgelewer is nie.
Volgens die Zimbabwiese uitsaaikorporasie sou 12 prokureurs wat die regerende party verteenwoordig na verwagting Maandag hul antwoord op die hofstukke by die hof indien.
Die Zimbabwiese verkiesingskommissie het verklaar dat Mnangagwa en Zanu-PF die verkiesing gewen het, met die president wat 50,8% van die stemme op hom verenig het.
Engelbert Rugeje, Zanu-PF se nasionale kommissaris, het die naweek gesê die hofgeding raak nie enige programme op die nasionale agenda nie.
Hy het ondersteuners aangemoedig om die nasionale heldedag en die nasionale weermagdagviering Maandag en gister by te woon. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie