Ietermagu00f4dag Saterdag gevier
Ietermagu00f4dag Saterdag gevier

Ietermagôdag Saterdag gevier

Internasionale handel in wêreld se mees gesmokkelde dier verbied.
Francoise Steynberg
Liz Komen



Om internasionaal handel te dryf in enige van die vier Afrika- en vier Asiese ­ietermagôspesies is verbode.

Hierdie spesies sal vir die eerste keer op Internasionale Ietermagôdag (18 Februarie) op die Konvensie van Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se Appendix 1 gelys wees.

Die ietermagô is in Januarie as die wêreld se mees gesmokkelde dier geklassifiseer.

Daar is 'n verbod op die internasionale handel van spesies wat op Cites se Appendix 1 gelys is.

Alle Cites-lede moet maatreëls in werking stel om stropery en handel te voorkom.

Ietermagôs word al eeue lank in beide Afrika en Asië geëet.

Daar word steeds geglo hulle verrig ­medisinale, magiese en ­spirituele wonders. Die hoogste vlakke van verbruik is in China. Daar word beraam dat handel gedryf is in meer as een miljoen ietermagôs tussen 2004 en 2014.

In China, met sy bevolking van meer as 1,4 miljard, is dit sedert 1989 onwettig om ietermagôs te eet.

Streng regulasies vir die dryf van handel in ietermagôvelle bestaan al sedert 2007.

Dié regulasies laat die wettige koop en verkoop van 26 600 kg ietermagôvelle jaarliks toe, maar dis beperk tot groothandelaars in dieremedisyne en tradisio­nele Chinese medisynehandelaars (TCM) wat by die regering ­geregistreer is.

Tog het navorsing in China tydens Junie en Julie laas jaar 'n wye netwerk van ongereguleerde en onwettige aktiwiteite blootgestel.

Daar is vasgestel dat 35 van die groothandelaars in diere­medisyne en 62% van die TCM-winkels saam met 153 aanlynadverteerders onwettig ietermagôvelle verkoop.

Die meeste van dié velle was van lande soos Maleisië, Indonesië en Thailand, en ook Nigerië en ­Kameroen.



ietermagôvelle

Voor die huidige klassifikasie van Appendix 1, is ietermagôvelle onwettig ingevoer.

Gebaseer op invoerdata het China nege invoere tussen 2001 en 2014 gerapporteer.

Twee van hierdie invoere in 2014 dui aan dat 'n totaal van 3 948 kg van Uganda en die Demokratiese Republiek van Kongo af gekom het.

Sedert 2007 is al op 16 000 kg ietermagôvelle in China beslag gelê.

Navorsing het aangedui dat selfs al word ­onwettige velle by die bestaande wettige voorraad in China gevoeg, dit nie genoeg sal wees om die aanvraag in die mark te bevredig nie.

Omdat ietermagôbevolkings in Asië drasties afneem is Afrika nou 'n nuwe teiken.

Swaar strawwe vir die onwettige vang van ietermagôs en handel dryf in ietermagôvelle bestaan wel, maar word nog nie toegepas nie.

Dié strawwe lyk soos volg: ­Suid-Afrika - US$694 444 of 10 jaar tronkstraf; Nigerië - US$15 923 of drie jaar ­tronkstraf; Kameroen - US$5 154 met een tot drie jaar tronkstraf, wat onlangs verhoog is tot US$17 182.

Suid-Soedan - US$1 666 en 14 jaar tronkstraf; Zimbabwe - US$5 000 of nege jaar tronkstraf.

In 2015 is 47 mense tot nege jaar tronkstraf in Zimbabwe gevonnis en in 2016 was daar 42 skuldig­bevindings.

Zimbabwe neem die leiding in Afrika wat die toepassing van straf vir ietermagôstropery betref.

Tans bestaan geen bewyse dat Namibiese ietermagôs vir internasionale handel gebruik word nie.

Tog moet Namibiese beamptes waaksaam wees.

Die plaaslike en buitelandse publiek moet bewus wees van die erns van die onwettige vang, koop en verkoop van bedreigde spesies.

Bewustheid moet ook geskep word ten gunste van swaarder strafmaatreëls. 'n Chinese man, Zheng Tiqiang (36), het in ­Desember in Katima Mulilo skuldig gepleit na hy met 'n ietermagôvel betrap is.

Hy is tot vyf jaar gevangenisstraf of 'n boete van N$20 000 gevonnis.

Verskeie beskuldigdes het ook al in verband met die onwettige besit van ietermagôvelle in Namibiese howe verskyn.

- Bykomende bron: TRAFFIC ­Bulletin September 2016 “An ­overview of Pangolin Trade in China”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!