Ietermagô-navorsing is baanbrekerswerk

AfriCat se ietermagô-navorser fokus onder meer op die ontwikkeling van tegnologie vir die monitering van die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg -

Hoewel ietermagôs die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld is, is min indiepte-navorsing nog oor dié weerlose dier gedoen.

Die Amerikaner me. Kelsey Prediger, 'n meestergraadstudent in natuurlike hulpbronbestuur aan die Namibië Universiteit van Weten­skap en Tegnologie (Nust), doen sedert September 2018 baanbrekerswerk by die AfriCat-stigting met haar navorsing oor die grond-ietermagô (Smutsia temminckii) wat in Namibië voorkom.

Wêreldietermagôdag word jaarliks elke derde Saterdag van Februarie gevier, en al vanjaar op 15 Februarie.

Prediger fokus in haar navorsing op 'n verskeidenheid onderwerpe soos die ekologie van ietermagôs en die ontwikkeling van tegnologie.

Die monitering van dié nagdiertjie word met behulp van VHF-senders gedoen waarmee ietermagôs toe­gerus word.

Een van AfriCat se grondbeginsels is bewaring deur middel van ­opvoeding en daarom is bewusmaking en die deel van inligting oor die ietermagô baie belangrik.

“Hoewel die ietermagô sedert 2014 die mees gesmokkelde dier in die wêreld is, weet baie min mense wat 'n ietermagô is of wat hul bedreigings is,” het Prediger tydens Republikein se besoek aan AfriCat gesê.

“Ietermagôs in Namibië word teen 'n skrikwekkende tempo gestroop en gesmokkel, maar baie min Namibiërs het al een met hul eie oë gesien,” sê sy.

“Teen die tyd wat die polisie 'n ­smokkelaar met 'n ietermagô in ­hegtenis neem, is die dier reeds erg ontwater en uitgehonger. ­Smokkelaars weet nie wat ietermagôs eet nie en dat hulle hoofsaaklik hul water uit miere en termiete kry nie,” verduidelik sy.

“Ietermagôs wat nie betyds uit die kloue van smokkelaars gered word nie, sterf meestal van honger en dors. Boonop is dit moeilik om die diere wat gekonfiskeer is, te rehabiliteer omdat hulle baie gebiedsgebonde is.”

Sy sê die droogte eis ook sy tol op dié diere, en lae elektriese heinings skok ietermagôs dood.

Prediger se navorsing behels om meer inligting oor ietermagôs se gedrag, dieet, habitat, sosiale ­struktuur en oorlewingstrategieë in te samel.

“My projek het ten doel om voorstelle en riglyne vir beleidmakers te vestig om die lewensbestaan van die ietermagô in Namibië en buurlande te verbeter.

“Die einddoel is om data te ­versamel om meer lig te werp op biologiese kennis, en om riglyne te skep wat bewustheid van die kwesbaarheid van Suider-Afrika se enigste ietermagôspesie bevorder.”

Prediger is die ambassadeur van Nust se Biodiversiteitsentrum, wat 'n vennoot van die AfriCat-ietermagônavorsingsprojek is.

Ander vennote is die ­ministerie van die omgewing en toerisme, ­Okonjima, die Universiteit van St. Andrews, die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), die Pangolan Consortium, die Rooikat-trust, B2Gold, Varta en Total.

Intussen sê navorsers in China die coronavirus (covid-19) is ­moont­lik deur ietermagôs aan mense oorgedra.

Twee navorsers van die Suid-China Landbou Universiteit in Guangzhou het verlede week bekend gemaak 'n genetiese vergelyking tussen ­covid-19 in mense en ietermagôs het getoon dit is 99% dieselfde, berig die weten­skaptydskrif Nature.

Om ietermagôsmokkelary aan te meld, skakel 081 413 2214 of 081 423 2231.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!