Ierland wag vir jong roeispan
Sewe Namibiërs vertrek vandag na Belfast in Ierland om vanaf 2 tot 6 Augustus aan die eerste internasionale junior kanopolo-kampioenskap deel te neem. Nadat die o.16-span goeie resultate tydens die 2017 Namibiese Ope kanopolo-kampioenskap behaal het waaraan Suid-Afrika ook deelgeneem het, het die Namibiese Kano- en Roeivereniging (NamCanRow) besluit om die seuns vir deelname na Ierland te stuur. Agter van links is John Roelof Dreyer, Ryno Snyman (bestuurder), mnr. Mike Haimbodi (president van die Namibiese Kano- en Roeivereniging), John Redman. Links voor is mnr. Benjamin Rebang (sportkommissaris), Rialdo Snyders, Adriaan Steyn, Wikus Nel, Anton Jacobie en mnr. Freddie Mwiya (Namibiese Sportkommissie). Foto Tielman van Lill
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie