Ierland kry op sy baadjie teen Desert Jewels

Netbal
Die Desert Jewels sal hoop om vandag vir die derde opeenvolgende keer bo sy gewigsklas ’n gevoelige hou toe te dien.

Die Namibiese netbalspan het gister ’n puik oorwinning met 51-32 teen Ierland verseker op die tweede dag van die M1 Singapoer Nasiesbekertoernooi.

Vir die Namibiërs wat 33ste op die wêreldranglys is, was dit ’n betekenisvolle deurbraak teen die Iere, wat hulle in die 25ste plek bevind.

Dit was nog ’n tree vorentoe nadat kaptein Jatjinda Kambatuka en haar spanmaats Sondag met 54-54 teen die gasheerland gelykop gespeel het. Singapoer was nommer 28 op die wêreldranglys.

Die Namibiërs se volgende taak is vanoggend om elfuur teen Cook-eiland, wat ook tot dusver uiters kompeterend is. Die eilandspan het gister met 62-34 teen Papoea-Nieu-Guinee gewen, ná die openingsdag se sege teen Botswana (54-47).

Die res van vandeesweek se opponente vir Namibië is Papoea-Nieu-Guinee môre en Botswana Vrydag, voordat die laaste uitspeelwedstryde vir finale posisies Saterdag plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!