IEB se slimstes

JUSTISIA SHIPENA
Naam: Caro Horn

Skool: Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP)

Vakke: Engels 1ste Addisionele Taal (89%), Duits 2de Addisionele Taal (96%) en WAP se toppresteerder en algehele Namibiese toppresteerder in IEB met ’n gemiddeld van 84,43%.

Caro glo in harde werk en deursettingsvermoë in alles wat jy doen. “Ek het van die begin van die jaar af al begin werk sodat ek rustig kan wees in die eindeksamen. Ek het in elke klas notas gemaak wat gehelp het om die werk te leer terwyl ek in die klas was.”

Caro gaan in September in Hongarye of Kroasië veeartsenykunde studeer. Sy raai vanjaar se matrikulante aan om nooit uit te stel nie, “want van uitstel kom afstel”.

Naam: Sureez Basson

Skool: Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP)

Vakke: WAP se toppresteerder en algehele Namibiese toppresteerder in IEB met ’n gemiddeld van 84,43% .

Sureez gaan vanjaar by Pneumatix Kollege in Somerset-Wes studeer waar sy die uitvoerende kunste se oorbruggingsjaarprogram wil voltooi. Haar raad aan vanjaar se graad 12-leerlinge is om die beste van graad 12 te maak. “Alhoewel daar dae is waar mens moeg word, is dit die mees opwindende jaar van jou skoolloopbaan. Dit is ook baie belangrik om hard te werk, want dit bepaal jou toekoms. Maar moet nooit vergeet om dit ook te geniet nie en die lekkerste herinneringe met jou vriende te maak nie.”

Naam: Karl Zapke

Skool: Pro-Ed Akademie

Vakke: Wiskunde (93%) en Ingenieursgrafika en Ontwerp (93%)

Karl, die nommer twee kandidaat in die land, is ’n leerling van Pro-Ed Akademie wat reeds vanaf graad 11 met sy voorbereiding begin het. “Ek het vir myself gesê ek moet elke taak vat soos dit kom en die enigste manier om goed te presteer, is om net te gaan sit en leer.”

Karl is by die Universiteit Stellenbosch aanvaar om meganiese ingenieurswese te studeer en is opgewonde vir die jaar wat voorlê.

Naam: Andries Steenkamp

Skool: Tsumeb Gimnasium

Vakke: Aardrykskunde (87%)

Andries is die toppresteerder van Tsumeb Gimnasium en gaan meganiese ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch studeer. “Ek dink beplanning was definitief deel van my suksesresep. Ek het probeer rekord hou van belangrike datums en dit het gehelp om te weet presies wat wanneer gebeur en dan daarvolgens te beplan.” Andries raai vanjaar se graad 12’s aan om altyd perspektief te behou en die jaar te geniet. “Moet nie so vasgevang raak in al die werk dat jy die lekker dinge mis en matriek verby wens nie.”

Naam: De Wet Oosthuizen

Skool: Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP)

Vakke: Fisiese Wetenskappe (87%),

De Wet is nommer drie in die land en is ’n leerling van WAP. Beplanning en harde werk is eienskappe wat hom deur die jaar gehelp het. “Die belangrikste was ook om net rustig te bly wanneer jy onder druk was, want in jou matriekjaar is jy konstant onder druk.

De Wet gaan vanjaar Bcom Rekeningkunde op Stellenbosch studeer. “Probeer jou take en werk so gou as moontlik afhandel, werk hard en beplan, maar moenie die belangrikste van als vergeet nie; geniet jou jaar voluit. Moet nie vasgevang raak in die moeite en werk van matriek nie. Fokus eerder op die mooi dinge soos jou vriende, matriekafskeid ens.”

Naam: Charlene Grobler

Skool: Pro-Ed Akademie

Vakke: Toppresteerder van Pro-Ed Akademie

Charlene skryf haar sukses grootliks toe aan harde werk, die ekstra myl te loop en elke dag jou deel te doen. Sy beplan om hierdie jaar chemiese ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch te studeer en is ook aanvaar in die koshuis Sonop.

“Aan 2020 se matrikulante: Die jaar is in jou hande. Moet nie staatmaak op ander om jou te kry waar jy wil wees nie. Die jaar vlieg verby, so leef in die oomblik, hou by met jou werk en gee al jou take vroegtydig in!”

Naam: Ivan van Wyk

Skool: Privaatskool Moria

Vakke: Rekeningkunde (92%)

Ivan raai vanjaar se graad 12’s aan om elke geleentheid met albei hande aan te gryp. “Doen jou beste en maak seker jy is nie spyt oor geleenthede of punte wat jy verloor het nie. Onthou jou beste is goed genoeg en moet jouself nie teen ander meet nie. Geniet matriek, jy het net een kans maar onthou dit bepaal moontlik jou toekoms.”

Ivan gaan by die Universiteit van Namibië (Unam) veeartsenykunde studeer. “My planne vir die jaar is om die tyd te geniet met ’n goeie balans van sosiale aktiwiteite en tyd aan my studies toe te wy.”

Naam: Karmi Fourie

Skool: Privaatskool Elnatan

Vakke: Besigheidstudies (81%)

Karmi was die toppresteerder van Privaatskool Elnatan en sy moedig hierdie jaar se graad 12’s aan om elke oomblik van hul skoolloopbaan te geniet. “Gaan voluit en geniet elke liewe oomblik. Werk hard en gee jou heel beste. Hou jou oë op God gerig en wees net die beste jy wat jy kan wees.” Fourie gaan onderwys by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus (NWU) studeer. Haar resep vir sukses in 2019 was beplanning, om nooit enige iets uit te stel nie en in alles net haar beste te gee.

Naam: Roux-Ché Shidute

Skool: The Dolphin Schools

Vakke: Lewensoriëntering (89%), Afrikaans 1ste Addisionele Taal (90%), Gasvryheidstudies (77%)

Roux-Ché was die toppresteerder van The Dolphin Schools en het ’n ander leermetode as haar vriende gevolg. “Ek is ’n naguil, so ek sal eerder deur die dag oefen en bietjie rus en dan in die aande studeer. Ek het ook dansklasse gehad wat my baie gehelp het om te ontspan.” Roux-Ché is tans besig met die Rotary Youth Exchange Programme in Frankryk en sal vir ’n jaar op die program wees. “Ek leer ongelooflik baie van die verskillende kulture en ek wil graag eendag ’n beroep in die toerismebedryf volg.”

Naam: Charlé Stone

Skool: Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Vakke: Afrikaans Moedertaal (87%)

Charlé studeer tans LLB Regte by die Universiteit Stellenbosch. Haar planne vir die toekoms is om ’n prokureur te word wat in siviele reg spesialiseer.

“Ek het oor ’n lang tydperk elke dag ’n bietjie geleer, sodat ek ’n paar dae voor my eksamen eintlik al klaar die werk geken het en dus net kon hersien.”

Haar raad aan vanjaar se graad 12-leerlinge is om nie die aand voor ’n eksamen laat te gaan slaap nie. “Ek was elke aand teen 23:00 in die bed. Dit het gehelp dat ek deur die eksamentydperk deurlopend genoeg energie gehad het om te leer, myself te motiveer en positief te bly.”

Naam: Amy Dodds

Skool: Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Vakke: Wiskunde Geletterdheid (92%)

Amy het besluit om ’n oorbruggingsjaar te vat en werk tans by die Kabouterland-kleuterskool. “Ek wil hierdeur sien of onderwys wel is wat ek wil gaan studeer. Ek sal volgende jaar deur NWU se afstandonderrig studeer.”

Amy het ná elke periode seker gemaak sy verstaan die werk, en ook altyd haar huiswerk gedoen. “Daardeur was my leerwerk nie so baie nie. My raad aan hierdie jaar se leerlinge is om hulle huiswerk elke dag klaar te maak en seker te maak hulle verstaan die werk. Dit sal alle verdere voorbereiding soveel makliker maak.”

Naam: Lumé Van Tonder

Skool: Tsumeb Gimnasium

Vakke: Landbouwetenskap (60%)

Lumé studeer tans Bcom Bemarkingsbestuur by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus (NWU). Haar resep vir sukses was om alle voorbereiding vroegtydig af te handel. “Ek het lank voor die eksamen begin opsom en beplan wat ek gaan leer vir die dag en soos die tyd nader gekom het, het ek net hersiening gedoen en genoeg vraestelle uitgewerk.”

Sy raai vanjaar se leerlinge aan om elke dag bietjie werk in te sit sodat die hoeveelheid werk voor die eksamen nie so baie is nie. “Vat ook ’n kort breuk tussen jou studietye, gaan draf of stap net ’n entjie, want jou brein kort ook afleiding.”

Naam: Martin van Niekerk

Skool: Tsumeb Gimnasium

Vakke: Landboubestuurspraktyk (64%)

Martin is tans met sy N1 Diesel Mechanic by die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (NIMT) in Tsumeb besig.

Martin het na sy moeiliker vakke gaan kyk en meer aandag tydens sy eksamen daaraan spandeer. “My raad aan vanjaar se matriekleerlinge is om alles in jou eksamen in te sit. Jy gaan dink dit is lank, maar die eksamen vlieg soos niks verby, so werk hard en doen goed.”

Naam: Alistair Brown

Skool: Pro-Ed Akademie

Vakke: Duits 2de Addisionele Taal (96%)

Alistair studeer nie op die oomblik nie, maar is wel besig met voorbereiding vir sy studies in Duitsland. “Ek gaan in Duitsland my BSc in Wynkunde en Wingerdbou doen en die semester begin eers in Oktober.”

Alistair glo wat baie mense nie verstaan nie, is dat die voorbereiding al in graad 11 vir jou finale jaar van skool moet begin.

“In my matriek jaar het ek onthou om altyd ’n balans te hou tussen leer en goed te doen wat my gelukkig maak. Leer is nie altyd lekker nie, maar as jy maniere vind om dit vir jou lekker te maak, deur balans te handhaaf, sal die jaar vir jou ’n glimlag op jou gesig sit.”

Naam: Liandri Vermeulen

Skool: Keetmanshoop Privaatskool

Vakke: CAT/RTT (88%)

“Ek dink enige resep tot sukses begin by ambisie en harde werk. Matriek was een moeilike jaar, maar wat my laat aanhou deurdruk het was die feit dat my matriekresultate my vir die res van my lewe sal volg.”

Liandri glo enige iets is moontlik met ’n positiewe houding en baie slapelose nagte van take doen en leer.

Sy is tans ’n eerstejaarstudent aan die Universiteit van Namibië (Unam) waar sy verpleegkunde studeer. “Ek wil graag ná die vier jaar ook hospitaalbestuur studeer.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36%