Idiomestryd môre tussen Edugate en Gobabis Gim
Die Namibiese Uitsaaikorporasie, NBC, kondig met trots die eindstryd van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging, ATKV-Bank Windhoek en NBC-Idiomestryd 2017 aan wat môremiddag (Woensdag) plaasvind.
Gobabis Gimnasium en Edugate Akademie van Otjiwarongo gaan mekaar die stryd aansê in ateljee 7 van die NBC Radio, geleë in Pettenkoferstraat, Windhoek-Noord. Die eindstryd word regstreeks tussen 14:00 en 15:00 op die Afrikaanse Radiodiens van die NBC op 88.6 of 89.5 FM uitgesaai.
Finaliste van die twee skole sal mekaar in verskeie kategorieë pak, soos onder meer die voltooiing van Afrikaanse idiome, die verskaffing van die volle idioom wanneer net ‘n sleutelwoord aangedui word en die snelvuurafdeling waarin die betekenisse van idiome gevra word.
Vanjaar het 21 spanne van 12 skole dwarsdeur die land aan die kompetisie deelgeneem, naamlik Gobabis Gimnasium, Hoërskool Academia, Etosha, DHPS, Tsumeb Gimnasium, Walvisbaai Sekondêre Skool, Edugate Akademie van Otjiwarongo, Pro-Ed Akademie van Swakopmund, Hoërskool Mariental, Windhoek Hoërskool, Elnatan Privaatskool van Stampriet en die Windhoek Afrikaanse Privaatskool.
Die doel van die kompetisie is om die Afrikaanse taal te bevorder en die kinders Afrikaanse uitdrukkings en idiome te leer. Daar is meer as 8 000 idiome en uitdrukkings in die Afrikaanse taal wat die leerlinge moet memoriseer en korrek tydens die kompetisie gebruik.
Volgens me. Franlin Thomas, bestuurder van die Afrikaanse Radiodiens, neem meer en meer skole toenemend aan die kompetisie deel. “Dit is werklik inspirerend om te sien dat jong mense trots is en hul moedertaal help bevorder”’ het sy opgemerk.
Thomas het bygevoeg dat die betrokkenheid van die Afrikaanse Radiodiens van die NBC met hul vennote, Bank Windhoek en die ATKV in die Skole Idiomestryd hul die geleentheid bied om meer gereeld interaksie met jong mense te hê sodat die jeug hulle kan vertel wat hulle graag op die radio wil hoor, in plaas daarvan om programme in hul kele af te dwing.
Volgens Thomas is die kompetisie deel van ‘n korporatiewe strewe om radio op alle multi-media platforms te moderniseer.
Die direkteur-generaal van die NBC, mnr. Stanley Similo, het op sy beurt gesê: “Die jeug beslaan meer as 50% van die land se bevolking. Dit is hoekom die NBC ‘n doelbewuste poging aanwend om programme ideaal vir die Namibiese jeug saam te stel en uit te saai. Ons jong mense moet nie uitgesluit word nie en dit is aangrypend om die stemme van ons jeug in hul moedertaal op die uitsaaier se platforms te hoor.”
Gobabis Gimnasium was verlede jaar die wenner van die ATKV-Bank Windhoek-NBC-Idiomestryd. ‘n Trofee en kontantpryse geborg deur Bank Windhoek is op die spel. Die naaswenners sal ook kontantpryse ontvang.
Die idiomestryd word vanjaar vir die 15de agtereenvolgende jaar aangebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie