Ideologie en landbou se rol in ekonomie
BFAP stel 2017 -2026 studie vry
Dr. Kobus Laubscher - Een van die mees gesaghebbende publikasies oor landbou is die jaarlikse basisstudie van die Buro vir Voedsel en Landboubeleid aan die Universiteit van Pretoria (BFAP).
Hierdie ontledings is nie voorspellings nie, maar bespreek die moontlike impak op die sektor en die ekonomie aan sou sekere ontwikkeling plaasvind en/of verwagtinge vir 'n periode van 10 jaar nie realiseer nie.
Die 2017–2026 studie is onlangs vrygestel en soos verwag is, is die impak van die droogtes van die afgelope tyd deeglik onder die loep geneem. Landbou het 'n bewese aandrang op hulp en ondersteuning en om net op ideologie staat te maak, veral as dit die verkeerde uitgangspunte beklemtoon, sou 'n ernstige dwaling wees.
Die enigste ideologie wat gaan werk, is 'n totale verbintenis tot die verbetering van die landbou – maak landbou beter en die voordele sal vermenigvuldig.
Gemengde resultate
Die ná-droogte herstel het gemengde resultate. Vir somergraanboere het ideale weer tydens die hele produksieproses rekordopbrengste gelewer, maar teen pryse wat baie boerderye se kontantvloei onder druk gaan hou.
Die herstel ná die droogtes sal dus met verloop van tyd en beslis nie in een seisoen kan realiseer nie. Weerafhanklikheid, behoorlike risiko-ontleding en die gevolglike bestuur van dié risiko's sal die pas en doeltreffendheid van herstel bepaal.
Laer graanpryse en die noodsaaklike heropbou van kuddes gee ander produksiemoontlikhede aan die veeboere. Verdere verstewiging van die reeds sterk vraag na lewendehawe is volgens die BFAP die gevolg van inkomsteklas mobiliteit waar meer mense se inkomste sodanig verbeter het dat dieetpatrone verander en die vraag na proteïen toeneem.
Meer toegevoegde waarde word verbruik en die intensiewe produksie van proteïen neem toe.
Daar is wel sprake van verstadigde vraag omdat die ekonomie in resessie is, maar verbruikers is steeds bereid om te betaal vir veral rooivleis.
Die vraag na vee is 'n afgeleide daarvan en plaashekpryse is tans die beste bewys van die impak van lae voerpryse en hoë verbruikerspryse. Daarmee saam is Suid-Afrika besig om homself te vestig as 'n uitvoerder van beesvleis.
Regeringsgebreke
Landbou bly 'n belangrike skakel in enige ekonomie, veral wat voorwaartse en rugwaartse skakeling betref. Volgens die BFAP is daar egter 'n toenemende getal faktore wat in die pad staan van hierdie ideaal. Daaronder tel die impak van beleidsonsekerheid oor sake soos grond en die gebrek aan doeltreffende beskerming deur die staat.
Dit is verkeerd om landbou aan sy eie lot oor te laat en te hoop vir die beste. Die droogte het vele tekortkoming blootgelê en dit is noodsaaklik dat regerings pro-aktief optree en beplan.
Daaronder tel aspekte soos doeltreffende watervoorsiening wat nie net “nuwe” water beteken nie, maar ook noodsaaklike instandhouding behels. Opleiding van boere, veral diegene wat van bestaansboerdery tot selfvoorsienend en kommersieel moet groei, is net so belangrik.
Tegnologie-oordrag en gepaardgaande ondersteuning is veronderstel om deel te wees van die DNS van enige boerdery, maar die regerings faal liederlik waar boere van hulle afhanklik is.
Boere bly die primêre en belangrikste beleggers in die landbou, maar dit skrik nie beleggers van buite af nie. Trouens, die aangewese strategie is om boere se beleggings te hefboom met beleggings van buite en daar is beleidsonsekerheid die klip in die skoen.
Regerings wat erns het met volhoubare ekonomiese ontwikkeling, kan nie bekostig om landbou nié te prioritiseer nie. Ekonomiese realisme en nie ideologiese voorkeure is die wagwoord.
Wat staan boere te doen?
Met die kennis van die BFAP en ander inligting ter hand, wat staan die boer te doen? Beter beplanning en verdiskontering van die werklikheid soos dit is en nie wat ek wens dit moet wees nie, sal bepalend wees.
Volg die normale strategiese beplanningsiklus deur te begin met die einde in gedagte. So 'n visie sal van plaas tot plaas verskil, maar behoort te fokus op volhoubaarheid.
Tussenstappe kan insluit die herstel van die plaas se potensiaal ná die droogte, die heropbou van teelkuddes, seker maak dat onbekostigbare uitgawes verkieslik uitgeskakel word en om die boerdery reg te maak vir aflewering by die plaashek van 'n produk wat verbruiksvoorkeure ontmoet. Die mark moet dikteer en produksiestrategieë behoort daarop gegrond te wees.
Daar is geen plek vir diegene wat dink dat hul produkte markte gaan ontsluit nie; moet dus nie van die mark verwag om jou produk te koop net omdat dit beskikbaar is nie.
Weet en verreken die feit dat huidige hoë pryse vir vee nie blywend kan wees nie en die tempo van styging nie herhaal sal word nie.
Skoei begrotings dus op verskillende scenario's, welwetend dat boere oorwegend prysnemers is. Oorweeg alternatiewes op grond van behoorlike risikobepaling en die vermoë om dié risiko's te kan bestuur.
Ondersteun intussen aksies op makrovlak wat landbou se belangrikheid waardeer by wyse van groter beleidsekerheid en -beskerming.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie