ID4Africa in Namibië
Estelle de Bruyn
Namibië is van vandag af tot Vrydag die gasheer van die derde konferensie oor identiteitsdokumente vir Afrika - ID4Africa.
Die tema van vanjaar se byeenkoms is “Die pad na digitale identiteit”.
Dit sal deur visepresident Nickey Iyambo geopen word.
Die minister van binnelandse sake en immigrasie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het gister in die Nasionale Vergadering (NV) daarop gewys dat die eerste konferensie van hierdie aard in 2015 in Tanzanië gehou is en dat dit verlede jaar in Rwanda aangebied is.
ID4Africa is 'n forum wat verskeie sektore dek waar ondersoek ingestel word na die beste manier om digitale identifisering in te stel.
Meer as 900 afgevaardigdes van meer as 40 lande en 20 internasionale organisasies sal die konferensie bywoon.
“Dit verteenwoordig groei van 60% sedert verlede jaar,” het Iivula-Ithana gesê.
Volgens haar is Namibië gekies vanweë die land se buitengewone prestasies in die uitreiking van burgerlike identiteitsdokumente en die merkwaardige vordering wat die afgelope agt jaar gemaak is.
Die konferensie sal ook deur die grootste vervaardigers van biometriese toerusting bygewoon word, en 'n uitstalling deur meer as 100 internasionale maatskappye sal aangebied word.
Vanjaar se konferensie sal fokus op aansoeke vir identiteitsdokumente, die versterking van burgerlike registrasie en die bekamping van identiteitsbedrog.
Regeringsagentskappe sal die geleentheid hê om die jongste skeppende oplossings op die gebied eerstehands te sien.
Die nuwe “e-birth”-registrasiestelsel wat in Mei afskop, asook die “ID track and trace”-program sal ook by die geleentheid bekend gestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie