ICC straf oudvisepresident met nóg ‘n jaar
Die omkopery van getuies het meegebring dat 'n oudvisepresident van die Demokratiese Republiek van Kongo nou 'n jaar langer agter tralies sal wees.
Regters van die Internasionale Strafhof (ICC) het Woensdag ‘n voormalige visepresident van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), Jean-Pierre Bemba, tot een jaar gevangenisstraf gevonnis.
Hy is daaraan skuldig bevind dat hy getuies in sy hoofverhoor omgekoop het. Hy is ook gelas om ‘n boete van 300 000 euro te betaal.
"Die hof vonnis jou tot ‘n bykomende 12 maande, een jaar se gevangenisstraf,“ het die voorsittende regter, Bertram Schmitt, Bemba meegedeel.
Hy het gesê die vonnis sal bykomend tot die 18 jaar-vonnis uitgedien word wat Bemba opgelê is nadat hy skuldig bevind is aan oorlogsmisdade wat sy troepe tussen 2002 en 2003 in die Sentraal-Afrikaanse Republiek uitgevoer het. Hy was van 17 Julie 2003 tot Desember 2006 een van vier visepresidente in die DRK se oorgangsregering. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie