Icao-span sê oor oudit
Die veiligheidsoudit deur die internasionale waghondliggaam vir burgerlugvaart is in volle gang.
Ronelle Rademeyer - Die span van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) wat in die land is vir ’n veiligheidsoudit van dié waghondliggaam, het gister verduidelik wat die aspekte is wat hulle in die tien dae tot 28 November gaan ondersoek.
Mnr. Aurélien Lavayssière, hoof van die span van vier, het aan joernaliste en mense in die Namibiese lugvaartbedryf gesê die doel van die oudit is nie om Namibië te verdoem vir wat verkeerd is nie, maar eerder om hom aan te moedig om te verbeter waar dit nodig is.
Die lugvaartbedryf in die land hou lank reeds asem op oor hierdie oudit wat Icao sy universele veligheidsouditprogram en voortgesette moniteringsbenadering (Usap-CMA) noem.
Hy het verduidelik daar is vier sekuriteitsfasette waar ’n sogenaamde “beduidende sekuriteitskommer (SSC)” kan ontstaan.
Dit is die skandering en beskerming teen ongeoorloofde inmenging deur passasiers, asook gevaarlike bagasie aan boord en in die vragruim.
Die sekuriteit van die vrag en spyseniering is ook ’n belangrike faset, saam met toegangsbeheer by gebiede wat weens sekuriteitsredes verbode is.
Die vierde aspek is die sekuriteit van vertrekkende vliegtuie.
Lavayssière het verduidelik ’n beduidende sekuriteitskommer ontstaan wanneer die owerheid verantwoordelik vir lugvaartsekuriteit in ’n land, lugvaartbedrywighede toelaat om voort te gaan ondanks ’n gebrek aan die doeltreffende implementering van die minimum sekuriteitstandaarde wat vereis word. Dit skep ’n onmiddellike sekuriteitsrisiko vir internasionale burgerlugvaart.
Hy sê as die oudit so ’n kommer uitwys, word Icao se nasionale koördineerder in die land dadelik in kennis gestel sodat die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) onmiddellike stappe kan doen.
Lavayssière het ook daarop gewys dat deursigtigheid baie belangrik is en daarom word die nasionale koördineerder daagliks oor die vordering van die oudit ingelig.
Intussen het die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, gesê Namibië beskou die oudit as ’n leerskool met die doel om te bou en nie om te vernietig nie.
“Ons is bewus daarvan dat hierdie oudit ons gaan help om die tekortkominge in die algemene lugvaartsekuriteitstelsel te takel,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie