ICA stel nuwe kursusse bekend

16 February 2006 | Kollig
DIE Instituut van Kulinêre Kunste (ICA) in Stellenbosch bied 'n reeks wyn en kulinêre programme aan wat gemik is op die wyn, kos en gasvryheid nywerhede en ook vir wynaanhangers.
Gegrond op 'n onlangse studie wat wentel om voortgesette professionele ontwikkeling, het die ICA kursusse geskep om nuwe dimensies in onderrig en opleiding in die kulinêre kuns en wynstudies aan te spreek. "Soos die kos- en gasvryheidsnywerheid aanhoudend verander, is dit van uiterse belang vir kokke en professionele sjefs om hul vaardighede op te knap," sê Letitia Prinsloo, stigter en hoof van die ICA.
Die wynprogramme, wat deur die wynmeester Clive Torr, koskenners en wynspesialiste aangebied word, spreek die behoefte in die mark aan vir indringende, oorbruggende en relevante wynonderrig met 'n bekendstellende sesdagse wynkursus en 'n meer gevorderde Wynambassadeurs-program.
Die Wynstigting se bekendstellingsprogram dek die geskiedenis van wyn, die Suid-Afrikaanse wynnywerheid, die hantering van wyn, wynkuns en kultivare en 'n bekendstelling tot wynmaak in. Algemene riglyne vir parings tussen kos en wyn is deel van elke program, insluitend 'n interaktiewe slypskool wat toegespits is op die uitdaging om kos en wyn te kombineer. Wynstudente sal ook die vreugde ervaar van hul eie wyn te vervaardig.
Die bekendstellingsprogram word elke Donderdagaand van 10 Augustus tot 14 September by die ICA Spier-kampus op Stellenbosch aangebied. Deelname beloop N$1 485 vir die hele program.
Die gevorderde wynambassadeursprogram dek vonkelwyn en die verskillende hoof wynstyle, hoe om gereed te maak vir 'n professionele wynproe-geleentheid, gedistillerde produkte en gefortifiseerde wyne, wynstreke van die wêreld, horisontale en vertikale parings met hoofdisse en souse, asook 'n slypskool wat toegewy is aan die ontwerp en beplanning van etes - met wyn as beginpunt.
Dié kursus vind elke Donderdagaand van Mei en Junie asook Oktober en November by die ICA Spier-kampus, Stellenbosch, plaas. Deelname beloop N$1 785.
Eendagse slypskole vir kos- en wynparings vir sjefs en restaurant eienaars is ook beskikbaar.
Die Kulinêrestigting-program is ideaal vir die opknapping van kulinêre vaardighede. Die kursus pas 'n professionele benadering tot die bemeestering van verskeie metodes van kosvoorbereiding en geur dinimka toe, wat vryheid toelaat vir die skep van kreatiewe disse en spyskaarte. 'n Sesweekse program (wat op agtereenvolgende Woensdae aangebied word) sluit praktiese klasse, demonstrasies en lesings in. Dit kos N$1 850 en vind in Maart en April, Mei en Junie en weer in September en Oktober plaas.
Die gevorderde sjokolade kortkursus is 'n intensiewe vierdagse kursus wat toegespits is op die kuns en wetenskap rondom sjokolade. Onderwerpe sluit in teoretiese aspekte, die verharding van sjokolade, versiering, neut en sjokolade, die skep van sjokolade met vulsels en nog meer. Dié kursus vind van 10 tot 13 April plaas en kos N$2 385.
Vir meer inligting oor die verskeie kursusse en besprekings, kan Susina Jooste of Dré le Roux by die ICA (0072 21 881 3443 of e-pos [email protected]) gekontak word.

Soortgelyk

 

Wilde perde: Jongste vul reeds aangeval

5 ure gelede | Ministeries

Tanja Bause - Enige hoop op oorlewing van die Namib se wilde perde krimp al meer, terwyl die ministerie van die omgewing en toerisme na...

Leerlingdokters 'van swakker gehalte'

5 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Namibië bestee al ses jaar lank geld aan die opleiding van mediese studente in die buiteland.Volgens mnr. Cornelius Weyulu, registrateur van die...

Regulasies vir loterye en dobbel kom

5 ure gelede | Toerisme

font face="Verdana" >Francoise Steynberg - Alle rolspelers in die lotery- en dobbelbedryf moet landswye openbare werkwinkels bywoon sodat regulasies volgens nuwe wetgewing opgestel kan...

Gesondheidsmanne vas oor hospitaaltender

5 ure gelede | Ministeries

Twee administratiewe beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se kantoor op Otjiwarongo is op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat ná hulle...

Weer, Woensdag 20 Februarie 2019

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die verre noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele reënbuie in die...

Twee kinders met stok doodgeslaan

5 ure gelede | Misdaad

’n Angolese burger is in hegtenis geneem ná hy twee minderjarige kinders na bewering doodgeslaan het en hul ouma ernstig gewond het. Die voorval het...

Weerwaak teen hitte uitgereik

5 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor sê die kanse op reën is besig om te verbeter in die noordwestelike dele van die land, asook in die Khomasstreek, waar...

Duister SA bekommer NamPower nie

5 ure gelede | Energie

Augetto Graig - Namibië se nasionale kragverskaffer, NamPower, sê Suid-Afrika se kragverskaffer, Eskom, is nie die enigste bron waarmee plaaslike krag aangevul word nie. “Namibië...

Pack Safari open toergids-akademie

5 ure gelede | Toerisme

Pack Safari het amptelik die deure van sy toergids-akademie in Windhoek oopgemaak. Die akademie bied gratis beroepsopleiding aan plaaslike, Duitssprekende toergidse met FGASA Veldgids vlak...