‘Hy’t my tussen die bene geskop en weggeloop’

Operasie Hornkranz ruk handuit

02 May 2019 | Polisie
Denver Kisting – Volgens een van die slagoffers van die beweerde Operasie Hornkranz-geweld van verlede naweek het ’n polisiebeampte haar tussen die bene geskop en uiteindelik laat gaan.

Dít kom nadat lede van die polisie en die weermag haar na bewering uit haar ouerhuis in Damaralokasie in Katutura in Windhoek gesleep en herhaaldelik aangerand het.

Volgens haar het dié nagmerrie hom verlede Sondag tussen 03:00 en 04:00 afgespeel.

Sy het wakker geword toe sy ’n gerumoer in hul straat hoor, het sy Dinsdagmiddag aan Republikein vertel.

Die koerant weerhou haar identiteit omdat sy sedert die beweerde aanval in vrees lewe.

Volgens haar het sy ontdek die Namibiese polisie het met ’n onbekende man in hul straat slaags geword.

Die meisie sê sy het toe gesien hoe die polisie glo ’n buurvrou begin aanrand nadat dié die polisie oor hul beweerde optrede gekonfronteer het.

Volgens die meisie, wat verlede jaar in gr.12 was, het lede van die vrou se gesin haar te hulp gesnel en die polisie met klippe bestook.

In daardie stadium het die polisie glo die weermag ontbied om hulle by te staan. ’n Chaos het toe volgens die meisie uitgebreek, waartydens skote selfs glo geklap het. “Een van die skote het ons kragboks getref,” sê sy.

Sy het al dié drama met haar selfoon verfilm, sê sy. In ’n stadium het een van die mense in uniform dit besef en haar beveel om haar selfoon te oorhandig.

Volgens haar het sy nie verseg om dit te doen nie, maar paniekerig geword en binnetoe gehardloop.

Die polisie het toe glo gedreig “om te begin skiet” indien sy nie die huis se deur sou oopmaak en uit die huis sou kom nie.

Haar suster het toe vir die owerhede die huis oopgesluit, sê sy. “Hulle het my uit die huis gesleep en my begin slaan. Hulle het my oraloor op my lyf geslaan.”

Sy sê sy moes die afgelope week met Namcol-klasse begin om van haar gr. 12-punte te verbeter, maar haar been is só geswel dat sy moeilik loop. Gevolglik het sy dié week se klasse verpas.

Ook, sê sy, “ek is so getraumatiseer ek skrik elke keer as ek ’n polisievoertuig sien”.

Die owerhede het glo ook haar selfoon beskadig.

Die meisie het haar intussen tot die Regshulpsentrum (LAC) gewend.

Dié menseregteliggaam het Maandag by monde van sy direkteur, me. Toni Hancox, teen die beweerde optrede van die polisie en die weermag uitgevaar.

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, die waarnemende bevelvoerder van die polisie se skakelafdeling, het Dinsdagmiddag gesê die polisie beplan vir volgende week ’n nuuskonferensie om meer lig op die aangeleentheid te werp.

Sy het bevestig die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, was deel van ’n afvaardiging wat Maandag deur pres. Hage Geingob Staatshuis toe ontbied is nadat die bewerings rugbaar geword het.

Geingob het verlede jaar Operasie Hornkranz van stapel gestuur as ’n samentlike poging tussen wetstoepassers om misdaad te bekamp.

Lt.kol. Petrus Shilumbu, die weermag se woordvoerder, het vroeër gesê hulle ondersoek ook die voorval.

Volgens hom het hulle geen opdrag gegee vir weermaglede om burgerlikes aan te rand nie.

[email protected]

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

6 ure gelede | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

22 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

22 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

22 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

22 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

22 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

22 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...