Hy is nog lid van parlement, su00ea minister
Hy is nog lid van parlement, su00ea minister

Hy is nog lid van parlement, sê minister

Die Namibiese staatshoof het sy afsku oor die beweerde viskwotaskandaal uitgespreek.
Denver Kisting
Denver Kisting – In stukke wat gister by die hoërhof ingedien is, sê die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, hy is steeds ’n lid van die parlement.

Dít ondanks die feit dat pres. Hage Geingob op 2 Desember aangekondig het Swapo se politburo het besluit om vir Esau én mnr. Sacky Shanghala, die eertydse justisieminister, aan die Nasionale Vergadering (NV) te onttrek.

Die president het op dieselfde dag gesê dié liggaam het die eertydse ministers ook van Swapo se NV-lys vir die volgende vyf jaar verwyder.

Intussen het Geingob gister by die laaste vergadering van Swapo se sentrale komitee aangevoer hy is nie gekant teen sommige ministers se veroordeling van Esau en Shanghala se beweerde betrokkenheid by die sogenaamde Fishrot-skandaal nie.

Maar, het die staatshoof gesê, hy is nie ten gunste van ministers wat hul sieninge steenstrydig met kabinetbepalings kommunikeer nie. “Die waarheid is dat die kabinet sterk standpunt ingeneem het oor hierdie aangeleentheid en die indruk word in die media gewek dat net die drie ministers woedend is.”

Mnre. Tom Alweendo, die minister van mynbou en energie, Calle Schlettwein, die minister van finansies, en Leon Jooste, die minister van staatsondernemings, het hulle sterk oor Fishrot uitgelaat.

Geingob sê hieroor: “Daar is nie ’n enkele mens wat nie bekommerd is nie en aandring op ’n verduideliking oor wat in die visbedryf gebeur het.”

Volgens hom wil almal hê die saak moet sy gang gaan sodat die waarheid onthul kan word.

Geingob sê hy is besorg oor ’n neiging wat kop uitsteek waar ministers óf mekaar kritiseer óf mekaar weerspreek, terwyl hulle elke Dinsdag tydens kabinetsittings met mekaar in gesprek kan tree.

Oor die ondersoek na die beweerde korrupsie in die visbedryf onderskei Namibië se grondwet duidelik tussen die rolle van die uitvoerende gesag, die wetmakende liggame en die regbank, sê Geingob.

Hy het onlangs die waarnemende minister van visserye en mariene hulpbronne, die prokureur-generaal Albert Kawana, beveel om ’n ondersoek na die visbedryf te gelas.

Hiernaas, het die kabinet besluit om viskwotas toe te ken op ’n manier wat sal verseker dat vissermanne wat hul werk kwyt is, weer aangestel kan word, het Geingob gisteroggend gesê.

Vir sy laaste termyn beplan hy om ministers aan te stel wat oor die “nodige kapasiteit beskik om sleutelsektore op ’n soortgelyke manier te hersien”.

Dit sal ten doel hê om enige ongerymdhede uit te wees, het die staatshoof gesê. “Ek het in geen onduidelike taal my afsku oor en verwerping uitgespreek van wat na bewering in die visbedryf ontvou het en het die nodige stappe gedoen om te verseker dat die twee ministers nie langer deel is van die uitvoerende gesag nie.”

Die groot gewag oor of hulle afgedank moes word of bedank het, hou nie die feit in gedagte nie dat daar onmiddellik opgetree is sodat die ondersoek sonder inmenging kon geskied, sê Geingob.

Esau en Shanghala is albei steeds lede van die regerende party se sentrale komitee.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!