Huurvlugte neem toeriste landuit
Gestrande Europese toeriste kan die naweek op spesiale vlugte huis toe vlieg.
Ronelle Rademeyer
Duitse en ander Europese toeriste wat nog in Namibië gestrand is, kan die naweek met spesiale huurvlugte na München en Frankfurt in Duitsland terugkeer.
Dit sal hul laaste geleentheid wees om die land te verlaat.
As hulle nie op een van hierdie vlugte bespreek is nie, is daar in die afsienbare toekoms geen ander manier waarop hulle Namibië kan verlaat nie, sê die Duitse ambassade in 'n kennisgewing op sy Facebook-blad.
Namibië het op 14 Maart 'n verbod geplaas op internasionale vlugte uit Duitsland, Ethiopië en Katar.
Die Nederlandse lugredery KLM het toestemming gekry om op 21 en 25 Maart laaste vlugte na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te onderneem en Namibiërs wat in Europa en elders in die buiteland werk of studeer, terug huis toe te bring.
Beide groepe passasiers wat op hierdie vlugte was, is tans vir 'n tydperk van 14 dae onder toesig in kwarantyn by oorde buite Windhoek en Mariental.
Die Duitse ambassade, wat die naweek se vlugte in samewerking met die Namibiese owerhede reël, maan toeriste op sy Facebook-blad om voor die Khomas- en Erongostreek gedeeltelik ingeperk word, na Windhoek te reis.
“Reise na en van hierdie streke sal van Saterdag af net in buitengewone gevalle toegelaat word,” waarsku die ambassade.
Me. Gundula Perry, woordvoerder van die Duitse ambassade, het by navraag gesê dié ambassade hoop om die naweek met die vlugte te begin.
“Ons is in kontak met die Namibiese owerhede wat die vlugte help reël.
“Daar is nog nie besluit hoeveel vlugte onderneem sal word nie. Die vliegtuie sal sonder passasiers na Namibië vlieg,” sê sy.
Op 'n vraag oor waar die bemanning gehuisves sal word, het sy gesê hulle sal met die toestemming van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste “afsonderlik gehuisves word”.
Perry kon nie sê hoeveel toeriste aangedui het hulle sal van hierdie geleentheid gebruik maak nie.
Mnr. Reinhard Gärtner, tussentydse uitvoerende direkteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA), was teen druktyd gisteraand steeds in 'n hoëvlak- ministeriële vergadering en kon nie navrae oor die spesiale vlugte beantwoord nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie