Hurter koerantwese se seder wat val
Die Afrikaanse taal en Republikein het ‘n voog verloor toe die dood Saterdagaand in Windhoek ‘n seder van die joernalistiek kom kap het, skryf Des Erasmus van Swakopmund in kollegiale hulde aan Errol Hurter.
“Hy was ‘n hoeder oor die skoonheid en gebruik van die woord met ‘n treffende voorbeeld wat gestel is en moeilik nagedoen kan word.”
Des vertel van wyle Errol se eerste dae in die koerantwese toe hulle enkele jare lank taamlik weg van die res ‘n kantoor in die destydse Gütenberg Platz in Stübelstraat in die hoofstad as ou vesting van Republikein gedeel het. Hy vertel ook hoe Hurter heel terloops deur die koerantwese ontdek is “soos ‘n smarag in die woestyn”.
Dit was danksy ‘n klein advertensie (“small”) wat uiteindelik nooit geplaas is nie.
“In die jare wat ons letterlik skouer aan skouer gewerk het, kan ek my nie herinner aan een skewe woord wat ooit geval het nie, ondanks verskille wat wel ontstaan het en Errol wat altyd as delwer na die woordkuns op die uitspraak afgekom het. Selfs in die jare wat die beroepswese onder dieselfde dak ons geskei het, was daar nooit ‘n verdeling in ons trou aan die joernalistiek nie. Soos takke van dieselfde boom is daar wel in verskillende rigtings gegroei.”
Volgens Des was hy en Errol terloopse kennisse toe Hurter in die latere dae van die jare negentig van die vorige eeu by die voordeur ingestap het om ‘n klein advertensie te plaas. Met sy instap is hy geken en nader gewink om navraag oor die rede van sy besoek te doen. Errol het as deurwinterde amptenaar gesê hy kan dit nie langer uithou met die bande van ‘n amptenary wat hom bind nie. Hy wil ‘n ander koers inslaan en daarom kom plaas hy hom op die arbeidsmark met die “small”.
Toe lóóp die geselskap en word oor ‘n moontlike pos en eerste pakkette besin. Toe hy die dag instap, was dit feitlik soos om bloot sy gereedskapskis vir ‘n vakman oop te sluit. Daai gereedskap was woordeboeke, naslaanwerke, rekenaars met immerwordende vernuwings en geskrifte deur manne en vroue wat reeds oor die pad beweeg het waarlangs ons nou moes gaan. Dit was hulpmiddels soos die instrumente van ‘n arts.
Errol het op die roepstem geantwoord en net aangegaan . . . en aan, en aan, en aan. In baie opsigte was hy ‘n perfeksionis met wie jy saam kon lewe. Juis die strewe om alles korrek en selfs beter te doen, het in sy leefwyse uitgeslaan.
Hy was pyproker en ook dit was ‘n ritueel. Skoon pyp, leersakkie waarin sy eie tabakmengsel in ‘n netjiese leersakkie aan ‘n toutjie was, stopper vir die tabak en ‘n byderwetse knikkertjie vir die vlam.
Maar altyd was daar ‘n hand agter die man. Dit was sy gesinsverband met Claudia as sy vrou en die twee seuns, soos sy geloof, die ankers van sy lewe. Dis buite beroepsverband die kleiner kring wat nou by die graf moet staan. Benewens hulle is daar ook ander harte wat treur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie