Hupstoot vir WHS Old Boys
Klubkrieket
Die eerste krieketwedstryde in die plaaslike T20 premierliga word môre en Sondag in Windhoek gespeel.
WHS Old Boys het 'n hupstoot gekry toe Ceiling Centre vir die tweede opeenvolgende jaar sy premierliga-span met speelklere ter waarde van N$40 000 geborg het. Ceiling Centre se verteenwoordiger, Jason Bandlow, is ook 'n oudspeler van die klub wat deesdae as hul spanbestuurder optree.
WHS Old Boys speel twee T20-wedstryde die naweek. Môreoggend takel hulle die CCD Tigers vanaf 09:00 op laasgenoemde se veld. Sondagoggend kom die ligbloues op dieselfde veld teen die besoekende Welwitschias-kombinasie van die kus te staan. Die Welwitschias speel môreoggend om negeuur teen die verdedigende kampioen, Samsung FNB Wanderers, op laasgenoemde se veld in Pionierspark.
Môre vanaf 13:30 ontmoet Wanderers en Trustco United mekaar by die Windhoek Affies-veld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie