Hulp vir Lukas
Hulp vir Lukas

Hulp vir Lukas

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Hy was nog nooit siek nie, maar nou moet ’n 57-jarige Windhoeker dringend ’n operasie kry wat hom weer 100% sal laat voel.

Mnr. Lukas Mohongo van die Havana-woonbuurt sê die enigste mediese klagte wat hy ooit gehad het, is dat hy aan hoë bloeddruk ly.

“Die hoë bloeddruk het in 1990 begin, maar ek was nog nooit siek nie,” vertel Mohongo.

Dié prentjie het egter vinnig verander ná hy noodgedwonge vir ’n week in die Rooms-Katolieke Hospitaal opgeneem is.

“Ek het die Vrydag baie duiselig en naar geraak. My suster, by wie ek bly, het my na ’n gewone dokter geneem wat gevoel het ek moet eerder so gou moontlik in die hospitaal opgeneem word,” sê Mohongo.

Hier is ’n klomp toetse gedoen om agter die kap van die byl te kom. Die diagnose was dat hy so gou moontlik ’n koronêre aaromleiding moet ondergaan. Dié operasie is vir 2 November by die Rooms-Katolieke Hospitaal geskeduleer.

“Die dokter is baie positief. Hy het gesê ek moenie bang wees nie, dit kan herstel word en ek sal dan weer 100% voel.”

Mohongo is saam met sy vrou, wat ’n sekretaresse by ’n skool is, lid van die staat se mediese fonds (Psemas) wat die grootste gedeelte van die onkoste dek. Mohongo, wat werkloos is, moet egter steeds meer as N$20 000 uit sy eie sak opdok.

“Ek is baie bang vir die operasie, maar ek weet ek moet dit kry. Ek en my familie het egter glad nie die geld om eers te gee nie.”

Lesers wat Mohongo wil help, kan hom by 081 592 2221 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!