Hulp vir Julian

14 September 2017 | Gesondheid
Julian Rittmann is sover bekend die enigste kind in Namibië met Denys Drash-sindroom. Albei dié dapper seun se niere is in Desember verlede jaar wees abnormale nierfunksie verwyder. Sedert September verlede jaar moet Julian dialise ontvang en reis hy en sy pa drie keer per week tussen Windhoek en Rehoboth na die nier- en dialisesentrum in Windhoek.

Hy is op 18 maande deur 'n plaaslike pediater met nefrotiese sindroom gediag­noseer en sy vele reise na Kaapstad het begin toe hy na 'n spesialis by die Vincent Pallotti-hospitaal verwys is.

Ná 'n nierbiopsie by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad, is Julian met Denys Drash-sindroom gediagnoseer.

Julian word intussen voorberei vir 'n nieroorplanting en in die lig hiervan is die Julian Rittmann-trustfonds (reg.nr. 344/2007) geregistreer om die koste hiervan te dek.

Skenkings kan gemaak word in die volgende rekening: Bank Windhoek, Rehoboth-takno: 486572, rekno: 8004483342.

Intussen word 'n spesiale skemerkelkie en ete op Vrydag 20 Oktober by die Safari-hotel aangebied om geld vir die fonds in te samel. Kaartjies kos N$400 per persoon en die Swingers-dansorkes en Jimmy Newmann sal vir die musiek sorg. Drag is deftig-informeel en die spesiale aand skop om 18:00 af. Vir meer inligting oor Julian se fonds en die etekaartjies, kan me. Erica Dien by 081 129 1154 geskakel word. Julian se ma, me. Agnes de Waldt, kan by [email protected] gekontak word.

Soortgelyk

 

Tronkstraf vir Rust

5 ure gelede | Howe

GesubJana-Mari Smith – Kai Rust, die boer van Okahandja, wat aan strafbare manslag skuldig bevind is ná die skietdood van mnr. Andreas Ukandanga (41) wat...

Visserye: Die poppe gaan dans

5 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne sal binnekort ‘n puntekaart instel om groter plaaslike eienaarskap en deelname aan bestuur en bedryf...

NamPower makes progress in biomass field

5 ure gelede | Energie

Ogone Tlhage - NamPower is confident that biomass power stations will start feeding the national grid in due course. The power utility has in the...

Een botsing eis vyf

5 ure gelede | Ongelukke

Henriette Lamprecht'n Saak van strafbare manslag word ondersoek ná 'n grubotsing Vrydag op die hoofpad tussen Ondangwa en Eenhana.Die ongeluk het Vrydag omstreeks 22:30 naby...

Trotse Prinsloos oor nuwe Hollywood-pienkvoet

5 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer“Om jou kleinkind die eerste keer vas te hou, is 'n wonderlike ervaring. En dit was hierdie keer weer so.”Só het past. Boet Prinsloo...

Weer vir 19 Februarie

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Meestal sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie...

Gemeenskap groet oom Giel, tannie Sarie

5 ure gelede | Mense

Dr. Tshapaka Tsha-Khapolo, voorheen van die Raad van Kerke in Namibië (CCN): “Ons verdien Godsaligheid, nie haat nie.”

Plans for Karibib VTC in infant stage

5 ure gelede | Onderwys

The vocational training centre planned for Karibib might only open next year, if funds allow.Windhoek Vocational Training Centre (WVTC) manager, Paulus Haukongo, said the plans...

Volksmoord-nasate wysig klagstaat teen Duitsland

5 ure gelede |

Die Amerikaanse regspan wat namens die Ovaherero- en Nama-nasate van slagoffers van die volksmoord optree, het die klagstaat teen Duitsland gewysig wat voor ‘n New...