Hulp vir bejaardes
Tanja Bause – Mnr. Deon de Waal (58) het ’n beroep op sosiale media gedoen dat mense bo 70 wat tans midde die coronakrisis hulp benodig, of mense wat van iemand bo 70 weet wat hulp benodig, hom kontak.
“My ma bly op Swakopmund en is 81. Gelukkig bly my broer ook daar en kan hy namens my ma apteek en winkel toe gaan. Daar is waarskynlik baie oumense wat nou nie meer uit hul huise sal gaan nie en daar vasgekeer is. Hulle het hulp nodig. Daarom het ek my hulp en tyd aangebied. Ek kan winkel toe gaan en inkopies gaan doen. Ek kan apteek toe gaan vir medisyne of wat ook al hul behoeftes is,” sê De Waal.
Tot dusver het twee vrywilligers al hul hulp aangebied.
“Ek het iemand in Suiderhof en in Pionierspark, en ek is in Kleine Kuppe. As daar nog mense is wat wil help, is hulle welkom, solank hulle nie onderliggende siektes het nie en nie ouer as 60 is nie. Ek wil niemand in gevaar stel nie.”
Mense wat belangstel om te help, moet hul eie vervoer hê en sal geen geld vir hul dienste ontvang nie.
“Hulle mag geen geld vir brandstof of ’n fooi vir die diens ontvang nie. Sodra geld betrokke is, gaan die idee van omgee en help verlore. Die doel is om mense te help, nie om geld te maak nie.”
De Waal sê die dienste kan ook insluit om na mense se diere of tuine om te sien.
“Bejaardes het baie vir ons en die land gedoen, nou is dit ons beurt om terug te gee. Ek wil graag ’n kultuur van omgee kweek – dalk kan ons daarmee voortgaan lank ná die virus iets van die verlede is.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie