Hulp stroom in vir Swartze
Hulp stroom in vir Swartze

Hulp stroom in vir Swartze

Tanja Bause
Tanja Bause – Namibiërs, veral Windhoekers, het gister hul harte oopgemaak vir ouma Katrina en oupa Jacobus Swartz, asook hul ses kleinkinders wat wees gelaat is nadat hul ma oorlede is.

Die familie woon in ’n tweevertreksinkhuis in die Okahandjapark informele nedersetting. Nadat die berig met hul versoek om hulp in Republikein verskyn het, is die koerant op Facebook en met oproepe en e-posse van individue en besighede oorval. Hulp het van sover as Otjiwarongo en Tsumeb gekom.

“Ek is baie dankbaar vir al die hulp wat ons ontvang het en nog sal ontvang. Baie mense het gebel en gesê hulle sal nog vir ons kom help. Ons het sinkplate gekry sodat ons aparte kamers vir die meisies en die seuns kan aanbou. Ons het ook kos en matrasse ontvang. Die mense is goed. Ons Namibiërs gee vir mekaar om en help mekaar,” het ouma Katrina gesê.

“Ek en my boertjie hoef nie meer op ’n kombers op die vloer te slaap nie. Vanaand gaan ons warm en baie lekker slaap. Die Here sal al die mense seën en ons is baie dankbaar. Ons is ook baie bly dat ons nou ons eie kamer sal kry en nie meer in die kombuis hoef te slaap nie,” het Izigiel Swartz (10) gister gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!