Huldeblyke vir bewaringsreus

Owen-Smith sterf in hoofstad
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Huldeblyke stroom van heinde en verre in sedert die bewaringsreus dr. Garth Owen-Smith Saterdagoggend sy stryd teen kanker verloor het.

Hy het nie op sy geliefde Wêreldsend in die Kunenestreek gesterf nie, maar in Windhoek waar hy chemoterapie teen kanker gekry het. Langs sy sterfbed was sy lewensmaat dr. Margaret Jacobsohn, saam met wie hy soveel avonture in meer as drie dekades as pioniers van gemeenskapsbewaring ervaar het.

Jacobsohn en Owen-Smith het die Integrated Rural Development and Conservation (IRDNC) gestig wat gemeenskapsbewaring na ’n hoër vlak geneem het.

Hiervoor het hulle en die gemeenskapsbewaringsmodel vele internasionale omgewingstoekennings verwerf. Jacobson en Owen-Smith het gesamentlik in 1993 die Amerikaanse Goldman-omgewingsprys vir hul wildbewaringspogings in Namibië verwerf. Owen-Smith het ook in 2015 die Prins William-prys vir bewaring in Afrika van die Tusk-trust ontvang.

Owen-Smith is ook die skrywer van An Arid Eden: A personal account of conservation in Kaokoland, wat in 2010 gepubliseer is.

In Jacobsohn se nuutste boek, Life is like a kudu horn: A conservation memoir, is een van die kosbare staaltjies dat die paartjie in geleende klere vir spoggerige galadinees vir hul toekennings geklee was, want ’n aandpak en tabberd op Wêreldsend is oorbodig.

Owen-Smith was nooit sonder sy velskoene of sy pyp nie. Hy het gesê die Namibiese media moet eerder oor hul omgewingswerk as oor sy velskoene in Kensington-paleis as mode-item skryf.

Prins William het in 2018 as beskermheer van die Tusk-trust in die Kunenestreek en sy gemeenskappe besoek.

Owen-Smith word deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme beskryf as ’n ikoniese figuur in bewaring.

“Hy word internasionaal geprys vir gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronnebestuursprogram (Nacso) vir die herstel van wildbevolkings in kommunale gebiede en die bemagtiging van gemeenskappe.”

Mnr. Richard Fryer, hoofnatuurbewaringsbeampte van die ministerie wat ook vroeër saam met Owen-Smith by IRDNC gewerk het, beskryf hom as ’n baie goeie man.

“Hy het altyd tyd gemaak om met jong natuurbewaarders te gesels. Dit was maklik om met hom te praat en van hom te leer.”

IRDNC sê baie leiers in natuurbewaring en diegene wat in die veld werk wat deur hom opgelei en gementor is, het ’n pa in hom verloor.

Nacso sê Namibië en die wêreld het ’n reusefiguur in natuurbewaring verloor.

“Reuse loop tussen ons en as hulle val, sidder die aarde en die engele huil. Maar hul nalatenskap duur voort – inspirerend en getrou.”

Dr. Chris Brown, die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), sê Owen-Smith was tuis in die woestyn waar hy sy getroue Land Rover deur die Kunenestreek gery het.

“Hy was ’n mentor vir vele wat vandag saam met gemeenskappe in Namibië en vele ander Suider-Afrikalande werk. Hoewel hy deur soveel mense gerespekteer is, was hy nederig en stil – ’n man wat deur voorbeeld gelei het.”

Navorser Gail Thomson sê: “Hy was ’n mentor wat nie net opgelei het deur wat hy gesê en geskryf het nie, maar wat hy gedoen en hoe hy dit gedoen het.”

Mnr. Rob Moffett van Save the Rhino Trust (SRT) Namibia sê Owen-Smith laat ’n lang nalatenskap na.

Owen-Smith word ook deur sy seuns, Kyle en Tuareg, en kleinseun Garth oorleef. Owen-Smith sal later na die inperkingstyd op Wêreldsend begrawe word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!