u2018Huisgenootu2019 gee weer die pas aan met digitale blokraaie en raaisels
u2018Huisgenootu2019 gee weer die pas aan met digitale blokraaie en raaisels

‘Huisgenoot’ gee weer die pas aan met digitale blokraaie en raaisels

Yandi Du Plessis
Huisgenoot was nog altyd ’n baanbreker wanneer dit kom by blokraaie – en nou maak dié handelsnaam weer so met ’n splinternuwe aanbod digitale raaisels en speletjies!

Die afgelope jaar en ’n half se uitdagings weens die pandemie en inperking het weer eens bevestig hoe bevredigend dit is om blokraaie te doen. Wanneer als in onsekerheid gedompel is, help raaisels om die ure sinvol te verwyl – dit hou jou slim én bied stimulerende vermaak.

Die tydskrif bied al dekades lank aan blokraai-liefhebbers ’n gewilde weeklikse raaisel-aanbod in papierformaat, maar verstaan gebruikerspatrone verander mettertyd. Daarom stel Huisgenoot nou vir die eerste keer ook aanlyn raaisels bekend. Dié keer is dit interaktief en raaisel-liefhebbers kan dit op hul selfoon, rekenaar of tablet invul.

Ja, dis reg – raaisel-liefhebbers kan hul gunsteling- Afrikaanse speletjies nou aanlyn doen en geniet!

Verskillende raaiselpakkette is teen verskillende pryse beskikbaar om dit sakpas te maak, en daar is as wegspringplek ’n stewige aanlyn aanbod beskikbaar:

*lang en kort blokraaie

*woordsoeke

*koderaaisels

*sudoku’s

Pakkette is tans beskikbaar vir 10 raaisels (R40), 20 raaisels (R75) of 100 raaisels (R250), en sal deurlopend aangevul word. Daar is ook een gratis pakket beskikbaar vir diegene wat dit eers wil toets.

Boonop bied die aanlyn platform twee eerstes in Afrikaans:

*’n Spesiale pakket met videoraaisels wat video-leidrade vir die gewone blokraaiformaat bevat. (Wie is hierdie sanger of daardie rugbyspeler? Kyk die kort video’s in die leidrade om die antwoorde te kry!)

*Die geleentheid om raaisels sáám te doen. As jy en een van jou mense saam inteken vir een van die pakkette, kan julle vir mekaar die skakel na ’n raaisel stuur en dit saam-saam invul. Net omdat julle ver is van mekaar weens die pandemie en inperking beteken dit nie julle kan nie saam speel nie...

Dis maklik om toegang tot die raaisels te kry – besoek huisgenootraaisels.co.za en kies die pakkette wat jy sal geniet.

Nog lekker funksies sluit in:

*Jy kan raaisels begin invul en dit dan bêre om dit later te voltooi.

*Jy kan vra dat die raam vir jou letters of woorde aandui as jy vasbrand.

*Jy kan die tyd wat dit jou neem om raaisels te voltooi meet – en ander dan in die sosiale media uitdaag om jou tyd te klop.

*Jy kan geskenkbewyse vir jou naastes koop sodat hulle saam met jou in die pret kan deel.

“By Huisgenoot is ons gróót aanhangers van blokraaie en ander raaiselsoorte – en ons weet dat dit vir ons lesers net soveel vreugde en bevrediging bied as vir ons,” sê Yvonne Beyers, die redakteur. “Dit is vir ons opwindend om ’n nuwe aanlyn platform vir die digitale era te skep waar ons lojale lesers ons raaisels op nuwe maniere kan geniet en waar ons ook ’n nuwe generasie blokraaibeheptes kan bereik. Ons glo dit gaan nog vir toekomstige geslagte baie plesier bring en sien uit daarna om nog vir baie jare digitale blokraaie vir ons mark te skep.”

Gerda Engelbrecht, een van Huisgenoot se bekende blokraai-opstellers en ook die aanbieder van die handelsnaam se maandelikse Blokraai Regstreeks-kuberkuier, sê: “Wat ’n droomprojek om aan te werk. Hierdie is blokraaie op adrenalien. Veral die gebruik van videogrepe het my gedwing om nuut te dink oor blokraaie, en ek raai dat dit vorentoe ’n uiters gewilde formaat sal wees. Dit bring soveel nuwe moontlikhede vir die opsteller om die invuller aan die raai te hou – en dis so lekker dat dit ook in Afrikaans beskikbaar is.”

Nerisa Coetzee, hoofbestuurder van Media24 se Leefstyl-afdeling, sê die raaisel-aanbod word ondersteun deur Netwerk24 en dat dit ontwikkel is in samewerking met AmuseLabs, een van die wêreld se voorste digitale raaisel-platforms.

“Huisgenoot was al dikwels in sy geskiedenis ’n baanbreker en dit is gepas dat dié handelsnaam weer die voortou neem om blokraaie aan die digitale generasie bekend te stel,” sê Nerisa.

Besoek huisgenootraaisels.co.za en ontdek vandag nog die wonderlike ervaring van digitale Afrikaanse blokraaie! - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!