Huiseienaars beklink Members Cup
Die Omeya-gholfklub het onlangs die 2019 Omeya Members Cup aangebied. Dié gesogte spantoernooi is die hoogtepunt van die klub se kalender, met spelers wat gedurende die jaar vir die finaal moet kwalifiseer. Die Huiseienaars-span het ná vier rondtes die oorwinning behaal met ’n totaal van 17 punte teenoor die Klublede se 13. Die tweede dag se vierspel en enkelspel was deurslaggewend, nadat die eerste dag se twee rondtes op 6-6 afgesluit is. Die organiseerders bedank al die toeskouers vir hul ondersteuning van gedurende die 2 dae, asook al die borge wat bygedra het. Die wenspan was voor van links Abrie van Wyk, Antonie van Wyk, Duan Jansen, Gielie van Wyk, Eugene Lofty-Eaton en Marc Gregan. Agter is Ernst Nitschke, Johan Husselmann, George Lumley, Jaco van Reenen, Lukas Dreyer en Stefan Venter. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie