Huisdeposito’s: Haal uit en wys
Jo-Maré Duddy – Van 22 Maart vanjaar sal net kliënte wat vir hul eerste huislening aansoek doen, nie ‘n deposito hoef te betaal nie.
Ipumbu Shiimi, president van die Bank of Namibia (BoN), het dié maatreël gister tydens sy monetêre beleidsaankondiging bevestig. Die goeie nuus is dat handelsbanke se prima-uitleenkoers vir eers onveranderd op 10,75% bly nadat die sentrale bank sy repokoers op 7% gehou het.
Die BoN het reeds in 2015 geluide oor lenings-tot-waarde-koerse (LTV’s) begin maak. Dit maak deposito’s op verbandlenings vir almal buiten eerstekeer-kopers verpligtend.
Gegewe verbruikers se toenemende skuldlas is LTV’s belangrik om handelsbanke se blootstelling aan kredietrisiko’s te beperk. Teen die einde van 2016 het verbruikers se uitstaande bankskuld bykans N$50,1 miljard beloop. Verbruikers en die korporatiewe sektor saam se skuld was sowat N$85,8 miljard. Hiervan was sowat 51% of meer as N$44 miljard verbandlenings.
Dis nie net die BoN wat oor handelsbanke se blootstelling aan huislenings bekommerd is nie.
Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het in sy jaarlikse oorsig van Namibië wat laat verlede jaar vrygestel is, gesê verbruikers se skuld in 2015 het 90% van hul besteebare inkomste uitgemaak. In 2013 was dit 81%. Die jongste syfer is hoër as dié van Suid-Afrika en raak aan dié van gevorderde ekonomieë, sê die IMF. Dit is hoofsaaklik vanweë huislenings.
Hoewel toetse toon plaaslike handelsbanke is teen “matige stres” bestand, kan van hulle probleme ondervind as hulle aan erge druk blootgestel word, sê die IMF.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie