Huis Maerua se hart borrel

07 December 2018 | Kuns en vermaak
Op 29 November 2018 het Huis Maerua-kinderhuis ‘n glans- fondsinsamelingsgeleentheid by die Lemon Tree-restaurant aangebied.

“Daar was nie een dull moment nie!” het Liana Etsebeth, ’n administratiewe assistent by Huis Maerua, oor dié spesiale aand, wat die bekende kunstenaar Soli Philander ook by gewoon het, gesê.

“Ek en Soli het lekker gesweet op die verhoog, maar ek is seker daarvan dit het Soli net meer energie gegee. Die vier dae wat ek saam met hom kon spandeer, het ek soveel van hom as mens geleer. Om saam met hom op die lug te kon wees by Kanaal 7, Kosmos 94.1 en 99FM, wat ons sommer vir ’n tweede keer laat teruggaan het op aanvraag, was voorwaar ‘n ondervinding wat my die res van my lewe sal bybly,” het Liana gesê.

Huis Maerua het onlangs vir hul inwoners ‘n Kerspartytjie gehou.

Soli se taak was om geskenke uit te deel.

Die kinders het sy teenwoordigheid geweldig geniet, en die geleentheid is beslis ‘n hoogtepunt vir 2018.

“Vanjaar het die kinders die geleentheid gehad om ‘n wenslysie vir Kersfees op te stel. Die plaaslike gemeenskap, besighede en verskeie individue se ondersteuning was wonderlik.”

Liana het vertel sy en Soli moes die trane oor die blydskap op die kinders se gesigte wegpink.

“Soli se liefde vir kinders is diep. Hy het werklik ‘n klein hartjie met baie plek vir kinders!”

Tydens die verrigtinge het die kinders ‘n teddiebeer aan Soli oorhandig.

“Ek dink hy was amper meer opgewonde oor die teddie as die kinders oor húlle geskenke! Die teddie is ook sommer dadelik ‘Rua’ gedoop.”

Soli self was beïndruk met Namibiërs.

“Die geleentheid was baie goed georganiseer. Dit was ‘n fantastiese ervaring. Die manier waarop die Namibiese gemeenskap minderbevoorregte kinders ondersteun, het my verras. Ek het bewondering vir Namibiërs en die media hier,” het hy gesê.

Liana het almal bedank wat die funksie moontlik gemaak het.

“Ons borge is te veel om te noem, maar weet net, dit maak nie saak hoe klein of groot jou bydrae was nie, dit was deel van ’n groot sukses. Sowat N$36 000 is vir die kinders se 2019-skooljaar ingesamel en ons is dankbaar hiervoor.”

Soortgelyk

 

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

1 dag gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

1 dag gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

1 dag gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Reënweer vertoef langer

2 dae gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...

Jeuggeweld ruk Outjo

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting Drie jongelinge van Outjo is steeds agter tralies nadat hulle glo sowat 'n maand gelede twee ander jong mans binne 43 minute doodgesteek...

Minister gee Nida nuwe raad

2 dae gelede | Plaaslik

Ogone Tlhage – Die raad van die nuwe agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) sal gereeld moet vergader om homself as semi-staatsinstelling te vestig. So...