Huis Deon Louw help Witvlei ná brande
Huis Deon Louw help Witvlei ná brande
06 January 2021 | Ongelukke
Inwoners van Huis Deon Louw op Gobabis het 'n helpende hand uitgereik na inwoners van plase wat einde verlede jaar in die omgewing van Witvlei deur veldbrande verwoes is.
Reuse-veldbrande in dié omgewing het einde November sowat 14 plase en 'n geskatte 32 000 hektaar weiveld verwoes. Mense het brandwonde opgedoen, vee het gevrek en skade is aan weiding, voertuie en infrastruktuur aangerig.
Die bestuurder van Huis Deon Louw, mnr. Coen Meyer, het gesê die inwoners het 'n insameling vir die Witvlei Boerevereniging gehou en sodoende 50 gesinne met kospakkies en Kersgeskenke ondersteun.
“Namens die Salt-familie van die plaas Ongava Onuea, spreek ons ons dankbaarheid uit aan die mense van Huis Deon Louw. Ons waardeer jul gebaar,” het me. Vera Salt gesê.
“Ons grootste dank vir al die baie Kersgeskenke, veral van die oumense wat so 'n mooi gebaar getoon het. Mag julle geseënd wees,” het me. Helga Steinbrück namens die personeel van Hetaku gesê.
Die volgende besighede op Gobabis het volgens Meyer ruimhartige bydraes en ondersteuning gebied: Agra, Build It, Die Groentemandjie, Engen-diensstasies, OK Express, Food Zone, MegaSave, Shoprite en Spar.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
20 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
20 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
20 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
20 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
20 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
20 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
20 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
20 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies