Huis Acacia kry nuwe vleuel
Huis Acacia kry nuwe vleuel

Huis Acacia kry nuwe vleuel

Henriette Lamprecht
Die konstruksie van 'n nuwe vleuel teen 'n beraamde koste van N$1,97 miljoen het by Huis Acacia afgeskop waar ­Namibiese kankerpasiënte tydens hul ­behandeling gehuisves word.

Die nuwe vleuel bestaan uit drie dubbelkamers en een saaleenheid wat teen April vanjaar 'n ­bykomende 10 pasiënte sal huisves.

Huis Acacia is in 1986 gevestig met die uitsluitlike doel om kanker­pasiënte buite Windhoek te huisves wat behandeling by die Dr. A.B. May Kankersentrum by die Windhoek Sentrale Hospitaal ondergaan.

Tien jaar later het 'n ernstige tekort aan ruimte die tydelike tuiste genoodsaak om uit te brei om 21 beddens te akkommodeer. Verlede jaar is die matrone se eenheid aangepas om twee bykomende ­pasiënte te huisves.

Kankerpasiënte wat hier gehuisves word, ontvang drie maaltye per dag, terwyl linne en handdoeke ook verskaf word.

Die bedryfskoste van die tuiste het in die afgelope finansiële jaar meer as N$640 000 beloop.

Dié koste word deur die Kankervereniging van Namibië (CAN) gedra danksy geldinsamelingsprojekte, skenkings en die Nami­biese publiek se goedgunstige ­ondersteuning.

Volgens CAN bied Huis Acacia voldoende ruimte en stil areas vir ­privaatheid, meditasie en lees. In die gerieflike sitkamer met 'n ­televisiestel kan pasiënte op hoogte van aktuele sake en hul gunstelingprogramme bly.

Pasiënte moet dikwels in Windhoek wees vir tot ses opeenvolgende weke se behandeling en elke poging word aangewend om 'n rustige atmosfeer tydens hul verblyf te skep wat bevorderlik vir hul genesing is.

Die Acaciaboom is as simbool gekies omdat dit 'n nuwe tak kan vorm wanneer 'n ou tak seerkry of afbreek - 'n simbool van hoop ná 'n kankerdiagnose.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!