Huawei se voufoon is hier en bitter duur
Huawei se voufoon is hier en bitter duur

Huawei se voufoon is hier en bitter duur

Petrus Malherbe – Staan opsy, Samsung, dis tyd vir Huawei om sý voubare slimfoon aan die wêreld te wys.

Maar belangstellendes sal vir eers China toe moet vlieg as hulle een van dié byderwetse toestelle wil aanskou of aanskaf.

Huawei, ’n Chinese maatskappy, het vandeesweek begin om voorafbestellings van sy Mate X te aanvaar, maar net in China.

Waar Samsung se Galaxy Fold soos ’n boek toevou, vou die Mate X na buite.

Oopgevou, is die Mate X se skerm diagonaal langer as 20 cm; toegevou, bestaan dit uit twee afsonderlike skerms van 16,7 cm en 16,2 cm elk.

Die Mate X sou aanvanklik al in Junie of Julie bekend gestel word, maar twee uitsonderlike faktore het dit vertraag.

Eerstens, het Amerika se pres. Donald Trump sanksies teen Huawei ingestel wat die verskaffing van toerusting, onderdele of programmatuur aan die maatskappy deur enige Amerikaanse firma verbied.

Onsekerheid heers steeds oor die langtermyn-effek wat dié verbod op Huawei se bedrywighede gaan hê.

Tweedens, het Huawei ook gesien hoe ’n oorhaastige Samsung sy vingers verbrand met sy voubare slimfoon wat die een terugslag ná die ander gehad het.

Samsung wou graag sy peperduur voufoon in April bekendstel, maar moes dit noodgedwonge uitstel tot vandeesmaand nadat verskeie toestelle in die hande van joernaliste gebreek het.

In ’n onderhoud met Netwerk24 destyds het Akhram Mohamed, tegnologiehoof van Huawei in Suid-Afrika, gesê Samsung se probleme “gee voubare tegnologie ’n slegte naam”.

Hy het aangedui dat Huawei daarom besluit het om sy voubare foon vir eers terug te hou ten einde doodseker te maak sy produk is reg.

Tot dusver is geen ernstige foute met die Mate X bespeur nie, maar joernaliste is ook nog nie juis ’n kans gegun om daarmee te werk nie.

Vir nou gaan die Mate X net in China beskikbaar wees terwyl Huawei die moontlikheid ondersoek om dit in ander markte uit te reik.

Die voorlopige prys beloop $2 400, heelwat duurder as die Galaxy Fold (wat $1 980 kos).

Die Suid-Afrikaanse prys is nog nie bekend nie.

Samsung het twee weke gelede die Fold plaaslik bekend gestel en dit is reeds sedert Vrydag te koop.

Die plaaslike prys beloop ’n koel R44 000, wat die Fold amptelik die duurste kommersieel beskikbare foon nóg maak.

Die Mate X sal die Fold waarskynlik onttroon sodra dit hier beskikbaar is.

Intussen het Huawei ook aangekondig dat hy ten spyte van die handelsverbod steeds meer as 200 miljoen slimfone vanjaar van die hand gesit het.

Die tegnologievervaardiger het dié mylpaal 64 dae vroeër bereik as ’n jaar gelede.

Dit bly ’n ope vraag of Huawei hierdie momentum sal kan behou gegewe die feit dat geen van sy nuwe slimfone met enige van Google se apps verskeep mag word nie weens die Amerikaanse verbod. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!