Huang, Geingob 'dans nie saam om kampvuur'
Huang, Geingob 'dans nie saam om kampvuur'

Huang, Geingob 'dans nie saam om kampvuur'

Volgens die Chinese sakeman Jack Huang is hy en pres. Hage Geingob nie boesemvriende wat oor en weer kuier nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer
Die multjimiljoenêr-sakeman en beskuldigde in die mees omvangryke bedrog-, geldwassery- en belastingontduikingsaak ooit in Namibië, sê sy verhouding met die staatshoof is nie sodanig dat hulle “saam om die kampvuur of in ’n karaoke-kroeg dans nie”.
Mnr. Yuequan Jack Huang (49), wat die afgelope sowat twee dekades vir hom ’n reusesakeryk in die land opgebou het, het Vrydag by ’n nuuskonferensie in Windhoek kort en saaklik sy verhouding met pres. Hage Hage, asook die vorige staatshoofde, verduidelik.
“Baie is in die media oor my sogenaamde vriendskap met die president gesê, waarskynlik oor die Sunrise Investment-maatskappy waarin sy familietrust aandele het.
“In ons kultuur is almal ’n vriend, of hy nou vernaam of gewoon is. En ons behandel almal met dieselfde respek en beleefdheid,” het Huang gesê.
Verder voer hy aan dat sy verhouding met Geingob nie anders is as met die vorige twee staatshoofde, oudpresidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba, nie.
“Ek behandel hulle met die respek en agting wat hulle verdien en beslis nie as my beste vriende saam met wie ek ontspan en saam om die kampvuur of in ’n karaoke-kroeg dans nie.”
Hy het joernaliste en ander belanghebbendes deur middel van ’n tolk toegespreek, maar niemand is toegelaat om na afloop daarvan vrae aan hom te stel nie.
Huang is anderhalfweek gelede op borgtog van N$1 miljoen vrygelaat nadat hy by die Hosea Kutako internasionale lughawe in verband met dié reusesaak van N$3,5 miljard se ongerymdhede in hegtenis geneem is.
Geingob het Woensdag tydens die opening van die 2017-regsjaar gesê daar was geen inmenging van sy kant in die vervolging van sy vriend en sakevennoot nie.
Hy het ook gesê hy oorweeg dit “baie sterk” om die Dr. Hage Geingob Familietrust se aandele van 20% in African Sunrise Investments wat tans met ’n dorpsontwikkeling oos van Windhoek besig is, te verkoop. Volgens hom het sy regsverteenwoordiger hom aangeraai om dit te doen om die “heksejag” wat deur die vervolging van Huang veroorsaak is, vry te spring.
Huang besit 60% van die aandele in African Sunrise Investments en Geingob se eksvrou Loide, die ander 20%.
Volgens Huang het hy nooit enige wetgewing of regulasies in sy sakepraktyke oortree nie.
“Soos ek gesê het, ek is ’n belegger en ’n sakeman. Ek het nog nooit my voete in die politiek gesit nie,” was sy woorde. “My wens as ’n sakeman is bloot dat die Namibiese regering, die media en die mense dit vir beleggers sal moontik maak om sake te doen binne ’n klimaat van wedersydse voordeel en respek.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!