HSBC sluit Gupta-rekeninge
Die internasionale bank HSBC het al en is steeds besig om bankrekeninge wat verband hou met die omstrede Gupta-familie in Suid-Afrika, te sluit.
HSBC, die internasionale bank, is tans ook besig om met behulp van eksterne ondersoekers te bepaal of daar enige betrokkenheid van sy kant af in bedenklike transaksies was, het bronne met kennis oor die saak gesê.
HSBC het die eerste rekeninge al in 2014 gesluit nadat sy interne prosesse transaksies gevind het wat nie as wettige sake verduidelik kon word nie, het die bronne gesê.
Die bronne wou nie geïdentifiseer word nie omdat dit nie 'n openbare aangeleentheid is nie.
Banke moet enige transaksies aanmeld wat hulle vermoed met onwettige bedrywighede verband hou.
“Enige blootstelling wat ons aan die Guptas se maatskappye gehad het, was onbedoeld,” het HSBC Maandag in 'n e-pos-verklaring aan Bloomberg News gesê.
“Ons is die afgelope jare in die proses om te identifiseer wat daar is en dit toe te maak.” Britse reguleerders het in Oktober gesê hulle wil vasstel of HSBC en Standard Chartered Bank geldwassery vir die Gupta-familie moontlik gemaak het.
Dit het gekom nadat Peter Hain, 'n Britse politikus en in sy jeug 'n bekende anti-apartheidsaktivis, gewaarsku het geld wat met onwettige bedrywighede verband hou, is deur bankrekeninge by dié banke versend.
Die Guptas ontken hulle het enigiets verkeerd gedoen.
Die sagtewaregroep SAP, die ouditeursmaatskappy KPMG en die bestuurskonsultante McKinsey & Co is van die groot internasionale maatskappye wat reeds by beweringe van korrupsie betrek is wat met die Gupta-familie verband hou.
Die bronne het gesê senior bestuur by HSBC hanteer die kwessie.
“HSBC is in 'n heeltemal ander posisie as sommige van die ander maatskappye wat doelbewus sake wou doen met die Guptas en hul maatskappye,” sê die bank.
“HSBC het nooit daarin belang gestel om sake met die Guptas se maatskappye te doen nie.”
Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, het verlede jaar in 'n hofaansoek gesê sedert 2012 is R6,8 miljard se verdagte betalings gemaak deur die drie Gupta-broers, maatskappye wat hulle beheer en ander individue met dieselfde van.
Al hoe meer inligting oor die bande wat die Gupta-familie met politici het, het oor die jare uitgekom, maar 'n groot klomp e-posse van hulle wat in Junie uitgelek het, toon die ware omvang van hul sake met die staat. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie