HPCNA: u2018Gebruik internasionale standaardeu2019
HPCNA: u2018Gebruik internasionale standaardeu2019

HPCNA: ‘Gebruik internasionale standaarde’

Die Raad van Gesondheidsberoepe in Namibië moet as reguleerder apart van akademiese onderrig staan .
Henriette Lamprecht
ont face="Verdana" >

Henriette Lamprecht – ‘n Internasionaal aanvaarde standaardeksamen moet deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië (HPCNA) gebruik word om studente te evalueer wat vir internskappe in die land moet registreer.

Die Nasionale Private Praktisynsforum (NPPF) het gereageer op die HPCNA wat volgens ‘n verslag dieselfde eksamenvraestelle as die Universiteit van Namibië se mediese skool (SOM) gebruik het om ‘n groep buitelandse mediese en tandheelkundige studente vir internskappe te evalueer.

“As reguleerder het die HPCNA nou geen ander verwysingspunt as die plaaslike universiteit nie. Die reguleerder val nou terug op ‘n akademiese instelling se standaarde en maak net staat op Unam om soveel as moontlik studente te laat deurkom,” het mnr. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsingsvereniging (EPRA) by navraag gesê.

Volgens hom moet HPCNA as reguleerder apart staan van akademiese onderrig om seker te maak standaarde word volgehou.

“Daar is geen evalueringstelsel van eweknieë nie. As die raad Unam se eksamens gebruik as toelatingsvereistes, wat toets jy? Kon ons werklik nie iemand kry om ‘n internasionale standaardevaluering te doen nie,” het hy gevra.

De Klerk het verwys na ‘n verslag aan die HPCNA wat sê die vraestelle van ‘n groep buitelandse mediese en tandheelkundige studente wat verlede jaar in November afgelê is, was “identies of gelykstaande” aan dié van Unam. Die buitelandse studente het egter 66 minute minder tyd gehad om die vraestelle te voltooi.

Net 10 uit die 237 buitelandse studente het hul evaluering om met internskappe in Namibië te kan begin, suksesvol voltooi.

‘n Groep van dié studente het die raad vroeër vanjaar voor die hoërhof gedaag en onder meer daarvan beskuldig dat die moderering en evaluering van die eksamen deur die mediese skool (SOM) pleks van die mediese raad die “onpartydigheid en toepaslikheid” van standaarde skend.

Van hul besware was ook dat plaaslike mediese studente kennis oor die vrae en inhoud van die eksamen dra. ‘n SMS het volgens die beswaardes glo ook die rondte gedoen waarin SOM-studente ekstra klasse oor die betrokke eksamen teen N$1 500 tot N$3 000 per student ná die bekendmaking van die uitslae aangebied het.

Die HPCNA wou by navraag nie oor die kwessie kommentaar lewer nie.

Volgens me. Johanna Nghishekwa, die HPCNA se senior bestuurder vir regsdienste, is ‘n appèl deur die buitelandse studente nog nie gefinaliseer nie. Ook is die mediese en tandeelkundige raad as een van die respondente deel van dié verrigtinge.

“Ons kan daarom nie kommentaar lewer oor die kwessie wat nog oorweeg en gefinaliseer moet word nie,” het Nghishekwa gesê. Volgens haar is die verslae wat in die media versprei is, in stryd met die uitspraak van die appèlkomitee beskikbaar gestel.

Volgens Nghishekwa is die saak wat deur die buitelandse studente na die hoërhof gebring is, buite die hof geskik.

“Die buitelandse studente het hul saak teruggetrek en elke party is verantwoordelik vir hul eie regskoste. Die mediese studente wat die applikante in die saak was, mag ook nie op enige manier benadeel word wanneer hulle deelneem aan die evaluerings wat deur die raad gereël is nie,” het sy gesê.

Volgens haar is geen reëlings getref vir ‘n spesiale evaluering van die betrokke studente nie.

Die mediese en tandheelkundige raad het volgens Nghishekwa ‘n jaarlikse kalender vir evaluerings. Enige persoon wat vir registrasie aansoek doen en in aanmerking vir evaluering kom, word op ‘n voorafbepaalde datum vir evaluering uitgeplaas.

Uit 206 mediese gegradueerdes wat hul kwalifikasies in Rusland, China en die Oekraïne behaal het, het 198 (99%) volgens ‘n studie deur HPCNA nie aan die vereistes vir toelating tot Unam voldoen nie. In 2018 het 54 buitelandse gegradueerdes nie die HPCNA-evalueringseksamen vir internskappe geslaag nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!