Howzat!-tyd vir wilgerlat-franchises

Krieket

13 September 2018 | Sport
Tielman van Lill - Die tweede weergawe van Krieket Namibië se T20 Franchise-reeks sal op 29 September in Windhoek begin wanneer vier uitnodigingspanne mekaar in die kitsformaat die stryd aansê.

Die eerste kompetisie is verlede jaar ook in die laaste naweek van September in samewerking met XCO Sport, Kosmos 94.1, Emergency Medical Care (MR24/7) en Nam Auto Care Windhoek aangebied. Dit was 'n uiters geslaagde naweek van blitskrieket waar die Hawks teen die Leo­pards in die eindstryd met ses paaltjies gewen het.

Die eerste kompetisie het as die Nam Auto Car Windhoek Franchise T20 bekend gestaan, maar vanjaar word dit die Franchise T20 genoem.

Die Bulldogs, Hawks, Leopards en Warthogs sal mekaar opnuut in ses wedstryde pak, met die eindstryd op die naweek van 21 Oktober.

Elke span word eweredig saamgestel uit spelers wat in Krieket Namibië se premierliga speel, asook beskikbare Eagles-spelers van die nasionale span. Die res sal uit Namibië se voorste o.19-spelers aangevul word wat broodnodige ondervinding saam met die gesoute manne kan opdoen.

Namibië se junior span het vroeër vanjaar nie goed by die o.19 Wêreldbekertoernooi oor 50 boulbeurte in Nieu-Seeland gevaar nie en het ná drie wedstryde laaste in groep C met nul punte geëindig. Die plaaslike T20-reeks word gebruik om die o.19's met hul voorbereidings te help om weer teen Afrika-opposisie vir die 2020 Wêreldbeker in Suid-Afrika te kwalifiseer.

In Oktober verlede jaar het die Leopards en die Hawks mekaar by Wanderers die stryd aangesê. Die Leopards het eerste gekolf en 175 vir die verlies van twee paaltjies opgestapel. Die Hawks met Jan Frylinck, Wessel Myburgh, Tershwin Raubenheimer, Craig Williams, Christopher Coombe, Stefan Swanepoel, Jason Bandlow, Vernon Cloete, Hendrik Geldenhuys, Ben Shikongo en Pieter Rossouw as spanlede het nie op hulle laat wag nie en het met 181/4 die titel beklink.

Verlede jaar was die speler van die toernooi Karl Birkenstock. Die kolwer van die toernooi was Gerrie Snyman met 203 lopies in drie kolfbeurte waarvan hy twee keer nie uit was nie. Die beste bouler was Tangeni Lungameni wat elf beurte afstuur en 5/85 laat kantel.

Die beste veelsydige speler was JJ Smit, wat in drie kolfbeurte 114 lopies aanteken (een keer nie uit nie) en as blitsbouler vyf boulbeurte afstuur wat hom die opbrengs van 3/61 gegee het.

Die komende toernooiprogram oor die betrokke twee naweke, met alle wedstryde by Wanderers- asook die aangrensende Affiespark-velde:

29 September, 09:00 Warthogs teen Hawks, Bulldogs tn Leopards. 13:30 Leopards tn Warthogs, Bulldogs tn Hawks.

30 September, 09:00 Hawks tn Leopards, Bulldogs tn Warthogs. 13:30 Bulldogs tn Leopards, Warthogs tn Hawks.

20 Oktober, 09:00 Hawks tn Leopards, Bulldogs tn Warthogs. 13:30 Bulldogs tn Hawks, Leopards tn Warthogs.

21 Oktober, 09:00 Bronsfinaal. 13:30 Eindstryd.

Die vier franchise-spanne word Vrydag om 16:00 by 'n spesiale geleentheid by Wanderers saamgestel deur uit die volgende kategorieë spelers se name uit 'n hoed te trek:

Markee-spelers: JB Burger, Nicolaas Scholtz, Ewald Steenkamp, Gerrie Snyman.

Huidige Eagles-spelers: LP van der Westhuizen, Stephen Baard, Michau du Preez, Lo-han Louwrens, Zane Green, Niko Davin, Tangeni Langameni, JJ Smit, JP Kotze, Bernard Scholtz, Collin Peake, Karl Birkenstock, Jan Frylinck, Petrus Burger, Christopher Coombe en Danie van Schoor.

Nasionale o.19: Divan la Cock, Dian Neethling, Matthew de Gouveia, Ramon Wilmot, Gerhard Lottering, Nicol Loftie-Eaton, Ben Shikongo, Ettienne Beukes, Mauritius Ngupita, Scott Winborn, Wilson Eric en Jan-Izak de Villiers.

Klubspelers: Justin Baard, Joshuan Julius, Picky Ya France, Christiaan Schumacher, Pelham Myburgh, Hendrik van der Walt, Herschelle van Schalkwyk, Norbert Man­yande, Lauritz Haccou, Juan Binneman, Henk van Zyl, Malan Kruger, Raza Tuqeer, Darren van Dyk, Nian Grobler, Tiaan Gerber, Tershwin Raubenheimer, Mika Mutumbe, Ricardo Strauss, Hendrik Geldenhuys, Wessel Myburgh, Fortune Matawu, John-Eric Thierauch, Vernon Cloete, André Maasz, Albert Mbwembwe, Warren van Wyk, Matthew Stander, Damon Coetzee, Rana Hashimi, Zhivago Groenewald, Louis Vermaak, Shalako Groenewald en Casey Grifiths.

Soortgelyk

 

Krisis met toetse vir hondsdolheid

12 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Namibië staar ’n nasionale krisis in die gesig aangesien geen toetse vir hondsdolheid tans by die sentrale veeartsenylaboratorium in Windhoek gedoen kan word nie. Dr....

Prins William is hier

12 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Prins William van Brittanje is in Namibië om die internasionale gemeenskap se oë op Namibië se ikoniese spesie, die swartrenoster, te vestig....

EES kook op Duitse X-Factor

12 ure gelede | Kuns en vermaak

Tanja BauseDie Namibiese kwaitokunstenaar EES het na die finale regstreekse uitsending van X-Factor Duitsland deurgedring. EES en sy Yes-Ja!-band werk tans hard daaraan om hulself...

Vermeende stroper doodgeskiet

12 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause – Daar word beweer die 73-jarige eienaar van die plaas Senderling by Kamanjab het Saterdag om 11:30 die Angolese burger mnr. Tuayunda Mbwale...

Weer vir 25 September

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal na verwagting oor die noordelike streke voortduur.BINNELAND: Mooiweer en baie warm in die verre Noord- en Suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

Laughter is the best medicine

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – It’s contagious and good medicine – not only for the body, but for the mind and soul as well. It lightens your...

Smelling the roses is not just a pipe dream

12 ure gelede | Gesondheid

In today’s rat race it’s easy to lose your way in the daily grind while trying to keep your head above water. Our responsibilities as...

Een maand ná Avihe

12 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Me. Jessica Kaimu, ousus van die vermoorde Avihe Ujaha, sê die familie probeer steeds hul voete vind ná die tragedie wat die...

Elizabeth Bay-myn se dae getal

12 ure gelede | Plaaslik

Ogone Tlhage – Produksie by Namdeb se Elizabeth Bay-myn wat aan die begin van die jaar te koop aangebied is, is intussen gestaak terwyl diamante...