Houtskoolbedryf uit miljoene bedrieg

Die vermeende baasbrein agter die houtskoolsindikaat woon glo op Outjo, bestuur die sindikaat uit die tronk uit, gebruik verskillende bankrekeninge en vervals glo talle dokumente.
Elvira Hattingh
Nuusredaksie

‘n Vermeende sindikaat wat glo met die depositogeld van Suid-Afrikaanse kopers vir Namibiese hout- en houtskoolvragte verdwyn, bosboupermitte vervals en na bewering die bedryf met miljoene bedrieg het, se jongste slagoffer is ‘n bekende houtskoolfabriek.

Namchar, ‘n maatskappy wat in die Kaap geleë is en Namibiese houtskool en brikette vervaardig en verpak, is Dinsdag uit N$20 000 verkul.

Hulle is deel van ‘n lang lys slagoffers wat sê hulle is die afgelope tyd uit hul geld bedrieg.

Die vermeende baasbrein agter die sindikaat is ene mnr. Silvester Haodom van Outjo, wat na bewering ook sake onder die skuilnaam Lazarus, Generaal Haodom en Victor doen. Hy het glo verskeie samesweerders, wat houtskoolkopers in Suid-Afrika insluit.

Haodom het glo tot 27 sake van bedrog teen hom, met meer as drie mense wat aan Republikein gesê het dat hy hulle selfs uit die tronk probeer bedrieg het. Buiten dat die sindikaat glo hul eie permitte uitreik of vervals, is hulle werksaam onder verskeie name en gebruik verskeie bankrekeninge.

NAMCHAR

Namchar se me. Lara Basson vertel in die jongste geval het ene Victor Shilongo van Outjo haar gekontak om te sê hy het ‘n vrag kole.

Toe die kole egter Dinsdag gelaai moet word, het die plaaseienaar sy deposito geëis en geweier om die lorrie te laat gaan.

Namchar het toe reeds N$20 000 aan Victor betaal op wie se naam die permit uitgereik is, maar dit het nooit die regmatige plaaseienaar bereik nie. Die plaasboer het ‘n vervalste depositostrokie van Victor ontvang, waarvolgens Namchar glo N$57 000 in sy rekening inbetaal het – ‘n bedrag wat Namchar nooit as ‘n deposito sou betaal nie.

Basson sê die vrag houtskool is nou op Otjiwarongo afgelaai en die polisie het haar ingelig daar is beslag op die lorriedrywer se paspoort gelê, terwyl die beamptes nou glo vir Haodom ondersoek “wat ‘n sindikaat uit die tronk bestuur.”

Ten spyte van verskeie pogings deur Republikein om Haodom deur oproepe, e-posse, SMS’e en WhatsApp-boodskappe te kontak, kon hy nie opgespoor word nie.

VYF SAKE

Me. Marlise de Jager, ‘n houtskoolmakelaar van Tsumeb wat sedert 2012 Namibiese hout- en houtskoolvragte aan Suid-Afrikaanse kopers lewer, sê sy is die afgelope jaar met net minder as N$290 000 deur die sindikaat ingeloop en het reeds vyf sake teen Haodom en sy medewerkers geopen.

Die sindikaat het in vyf verskillende transaksies onder meer N$58 000, N$14 000, N$120 000, N$36 000 en toe weer N$60 000 uit haar uit. Sy het glo ook dreigemente ontvang toe sy aan Haodom gesê het sy gaan sy saak by die polisie aangee.

Sy sê die sindikaat speel dikwels die rol van ‘n middelman, wat die koper se deposito neem en die Namibiese boer sien nie weer sy geld nie.

“As hulle Suid-Afrikaners inloop, stuur hulle foto’s van die lorrie wat glo klaar gelaai is en maak seker die registrasiemerk wys nie. Dan betaal hulle die deposito en die sindikaat verdwyn met die geld.”

De Jager het ‘n magdom bewysstukke aan Republikein getoon wat duidelik vervalste bosboupermitte insluit asook maande lange se korrespondensie met Haodom en die vermeende sindikaatlede.

Haodom het selfs probeer om uit die tronk met haar sake te doen, vertel sy. Terwyl die koerant hom Dinsdag en Woensdag nie kon bereik nie, het hy De Jager op dieselfde dag met dieselfde selfoonnommer gekontak om te sê hy is ontsteld dat sy met die media oor hom gepraat het.

Hy het voorheen ook uit die tronk vir haar laat weet dat hy ‘n kontrak met haar sal aangaan om haar terug te betaal. Hy sê hy erken nie dat hy die geld gesteel het nie, hy is maar net menslik.

De Jager sê Haodom nader boere met verskillende skuilname, omdat almal reeds teen hom gewaarsku is.

De Jager het ook foto’s van oes- en uitvoerpermitte vir houtskool gewys wat deur die sindikaat vervals is – met boere se name wat verwyder is en ene “Lazarus” se naam en besonderhede ingeskryf is.

Die bedrog met permitte het die afgelope tyd dikwels daartoe gelei dat produsente se plase gesluit word as die ministerie van landbou, water en grondhervorming se direktoraat van bosbou ontdek daar is met die permitte gepeuter.

De Jager beweer die sindikaat het ‘n permitboek in hul besit, wat ook klaarblyklik egte stempels van die direktoraat se verskeie kantore op die platteland dra. Sy het dit agtergekom nadat sy begin het om navrae oor die egtheid van die permitte by die onderskeie bosboukantore te doen.

GEVANG

Die koper en uitvoerder van houtskool, mnr. Maans Steenkamp van Outjo, vertel die sindikaat het hom ook met altesaam N$60 000 ingeloop.

Steenkamp sê Haodom werk as ‘n middelman en maak asof hy die eienaar van die houtskoolvrag is.

“Hy werk onder ‘n klomp name. Ons betaal die deposito vir die kole, maar die boer ontvang nooit die geld nie. Die boer wil dan nie die lorrie laat gaan nie en Haodom verdwyn daarmee.”

In een so ‘n geval het Steenkamp ‘n vrag kole opTsumeb gekoop en N$20 000 deposito daarvoor betaal. “Die boer wou nie die lorrie laat gaan nie, ek sê vir hom ek het jou dan jou deposito betaal en stuur vir hom die strokie. Hy sê toe daardie is nie sy bankrekening nie.”

Steenkamp en dié boer het saam met die polisie gewerk om Haodom te vang. Hy is op Outjo in die informele nedersetting vasgetrek. Steenkamp sê Haodom was baie uitdagend en het net gesê hulle moet hom in die tronk gooi, “want daar kom hy niks oor nie.” Hy is onlangs weer op N$10 000 se borgtog vrygelaat.

“Daardie man het reeds miljoene in die houtskoolbedryf gesteel. Hy is soos ‘n skim, hy hardloop rond en kom elke keer op borgtog uit.”

“Sodra hy die geld ontvang, e-wallet hy dit na drie of vier verskillende nommers.

NOG SLAGOFFERS

Die produsent Ou Jan Vermeulen van Aranos is ook een van die sindikaat se slagoffers.

Hy is op 10 April uit ‘n vrag hout bedrieg, waarvoor hy niks betaal is nie. Hy het geweier dat die lorrie met sy vrag ry voor hy nie sy deposito ontvang het nie en het die permitte teruggehou. Die lorrie het toe sonder die permitte vertrek en Vermeulen het ‘n klag by die polisie aanhangig gemaak. Haodom is daarna in hegtenis geneem.

Haodom, wat hom N$40 000 skuld, het intussen glo onderneem om hom terug te betaal. Vermeulen het ook met die Suid-Afrikaanse koper in verbinding getree, wat sê hy het wel die deposito aan Haodom betaal.

Die vervoerder, mnr. Emile Korf van Mariental is ook deur ‘n Suid-Afrikaanse koper, wat na bewering vantevore saam met Haodom gewerk het, met N$24 000 ingeloop. Hy het die vrag in die omgewing van Johannesburg afgelaai en ten spyte van baie beloftes, nog nie sy geld ontvang nie.

Hy sê Haodom en nog ‘n persoon was glo by dié transaksie betrokke was, is na bewering betaal, maar net hy (Korf) het nie sy geld ontvang nie.

GELEK

In ‘n gelekte telefoongesprek met ene Lazarus, waarin ‘n amptenaar probeer om ‘n ontmoeting met hom te reël, kan gehoor word hoe hy sê: “Julle kan my nie stop nie, hierdie is groter as almal van ons.”

Lazarus beweer dan hy het inligting oor onwettige houtskoolvragte wat die land verlaat het, maar kan nie die amptenaar op Gobabis ontmoet nie, “want sy tyd kos geld”.

Die amptenaar bied aan om hom eerder te ontmoet, en hy stem aanvanklik tot ‘n tyd en plek in, maar vra dat geen wetstoepassers moet opdaag nie – net bosbou-amptenare. Hy sal hulle glo van bewysstukke voorsien sodat hulle kan sien hoe enorm die bedrogspul in die houtskoolbedryf is. “Ek glo julle het reeds eerlike mense in jul kantore. Moenie die land van my probeer red nie, red dit van die Suid-Afrikaners,” sê hy.

Hy verander egter weer van plan oor die ontmoeting en sê hy sal eers die verdoemende dokumentaasie aan hulle stuur. “Hierdie sal nooit eindig nie. Julle kan my laat aftree, maar Charcoal Rot sal nooit stop nie, dis goeie geld!”

Hy sê die regering trek aan die kortste ent as dit by houtskooluitvoere kom, terwyl boere glo tussen N$70 000 en N$80 000 per lorrie verdien.

“Dit is hier waar ek inkom, om die rykdom met die mense van die land te deel, waar dit hoort,” sê Lazarus.

Hy voeg by die regering se sekuriteitstelsel is swak en iemand sal altyd slimmer as die stelsel wees. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.57 | EUR to NAD 20.17 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.56 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 25.04 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.83/OZ DOWN -0.0038 | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0103 | Zinc US$ 2 732.60/T DOWN -2.29% | Brent Crude Oil US$ 90.14/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 966.02/OZ DOWN -0.0064 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.57 | EUR to NAD 20.17 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.56 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 25.04 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.83/OZ DOWN -0.0038 | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0103 | Zinc US$ 2 732.60/T DOWN -2.29% | Brent Crude Oil US$ 90.14/BBP DOWN -0.0066 | Platinum US$ 966.02/OZ DOWN -0.0064