Houtskool: Beter oonde getoets

Plaaslike ingenieurs lewer goeie voorstelle vir omgewingsvriendeliker en doeltreffender oplossings vir die verbranding van houtskool.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die nuwe, verbeterde verbrandingsoond vir houtskool, bekend as ‘n retort, kan tot vyf keer meer kole per maand as tradisionele kilns lewer.

Boonop lewer dit beter gehalte kole, wat vir die produsent tussen N$500 en N$700 meer per ton houtskool kan beteken.

Veral belangrik is dat dié verbrandingsoonde geen as en rook lewer nie, net eendagsiklusse het, hout bespaar, tot verhouding meer kole van groter as 50 mm in deursnee lewer (waarvoor produsente beter betaal word) en verbruikersvriendelik is.

Tydens die Biomassategnologie-ekspo vroeër vandeesmaand is veral klem gelê daarop dat plaaslike houtskoolprodusente van omgewingsvriendeliker verbrandingsmetodes gebruik sal moet maak omdat tradisionele kilns te veel lugbesoedeling veroorsaak.

Die koste hiervan is ook as ‘n belangrike kwessie uitgelig.

BETER PRODUKSIE

Mnr. Gerhard Jacobsz van Henco Engineering het tydens ‘n voorlegging by die geleentheid gesê hul ingenieurs is tans besig om twee modelle van die Henco Eco Retort te toets, waarvan die eerste tussen 90 kg en 130 kg houtskool per dag lewer, terwyl die tweede tussen 220 kg en 320 kg per dag kan lewer.

“Tradisionele kilns lewer sowat 250 kg houtskool in ‘n drie- tot sesdagsiklus. Die retort neem sowat 800 kg hout en 120 kg afvalhout in om dieselfde hoeveelheid houtskool binne net een dag te produseer. Die opbrengs van die retort is dus sowat 32%,” het hy gesê.

Boonop is die gehalte wat gelewer word heelwat beter as dit met tradisionele kilns vergelyk word. Sowat 40% van die houtskool wat ‘n retort lewer, is groter as 50 mm en 50% is tussen 20 mm en 40 mm groot.

“Net 10% is fyn houtskool. Daarteenoor lewer die tradisionele kiln 33% fyn houtskool, 57% kole van tussen 20 en 40 mm en slegs 10% kole wat groter as 50 mm is.

HOE DIT WERK

Hy het verduidelik retorts kan van indirekte verbranding gebruik maak om die hout tot 450°C te verhit met metaangas wat verdere hitte verskaf om eindelik die houtskool te maak. Die hout word binne die retort gepak, waarna die deksel met sand verseël word.

Vuur word onder in die retort se brandkamer gemaak en prosesse om houtskool te maak, begin twee ure daarna en duur dan vier tot vyf ure. Dan koel dit af en die volgende oggend kan die houtskool uitgehaal word.

Hy het ‘n geraamde produksievergelyking tussen tradisionele kilns en retorts getref en daarvolgens lewer ‘n tradisonele kiln sowat 1 ton houtskool per maand, terwyl ‘n retort tot 5 ton kan lewer.

Jacobsz sê die hoeveelheid houtskool wat retorts lewer, word natuurlik beïnvloed deur die hoeveelheid hout wat daarin geplaas word en produksie kan verbeter word as hout vooraf opgesaag kan word.

TOETSPROSES

Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) se bestuurder, mnr. Michael Degé, het tydens hul vierde jaarvergadering by die ekspo gesê toetse vir die duursaamheid van die omgewingsvriendeliker retort kilns is nog nie afgehandel nie.

“Dit is ‘n toetsproses en ons weet ons moet nog veranderinge maak. Dit behels dat ons vanjaar nuwe tegnologieë gaan uittoets en ‘n hibriede kiln-projek van stapel wil stuur,” het Degé gesê.

“Die tradisionele kilns is goedkoper, maar die nadeel is dat dit baie rook maak – iets waarvan ons kopers nie hou nie.”

Hy sê daar is reeds boere wat die nuwe kilns suksesvol en bekostigbaar inspan om houtskool van beter gehalte op ‘n omgewingsvriendeliker wyse te produseer.

“Ons het die lugbesoedeling getoets wat deur tradisionele kilns veroorsaak word en sal vanjaar meer toetse doen. Wat die oog kan sien, is nie altyd die gevaarlikste vir die omgewing nie, maar eerder dit wat jy nié kan sien nie,” het Degé gesê.

STUDIE OOR LUGBESOEDELING

Suider-Afrika is verantwoordelik vir bykans ‘n derde van die lugbesoedeling wat spesifiek met die verbranding van biomassa te doen het. Tog word die meeste hiervan deur veldbrande veroorsaak, hoewel houtskoolproduksie, asook die opwekking van energie in moderne tye ‘n bydrae hiertoe lewer.

Mnr. Benyamen Nathanael, ‘n wetenskaplike verbonde aan die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST) en tans ‘n MSc-student aan die Universiteit van Namibië (Unam), het ‘n studie oor die vrystelling van rook met die maak van houtskool bestudeer.

In sy studie het hy vasgestel watter chemikalieë saam met die rook vrygestel word wanneer onder meer Manketti-, wildesering-, Zambezi-kiaat-, vals mopanie- en kiaathout verbrand word.

Hy het hoofsaaklik op die noordoostelike dele van Namibië gefokus, naamlik die Zambezi-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes-, Otjozondjupa- en Omahekestreek.

Dié studie moet as basis dien om die eienskappe van rook van verskillende plantsoorte te identifiseer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067