Houtsage verdiep

BK 'verloor bykans miljoen dollar'

20 February 2018 | Plaaslik
Denver Kisting - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het tot gistermiddag tyd gehad om vier besendings hout aan New Force Logistics te oorhandig.

Indien nie, gaan mnr. Kadhila Amoomo namens die beslote korporasie (BK) die hoërhof nader vir die terugbesorging daarvan.

Volgens mnr. Paulus Noa, die ACC se direkteur-­generaal, volstaan hulle daarmee dat hulle regmatig op die hout beslag gelê het.

Mnr. Jason Matthews, die besturende direkteur van die BK, het gistermiddag gesê hulle het al bykans 'n miljoen Namibiese dollar se verliese gely weens die beweerde onregmatige beslaglegging. Matthews hou voet by stuk hulle is nie met onwettige bedrywighede besig nie. Volgens hom is die ACC se optrede kwaadwillig.

“Daar is niks onwettigs aan die gang nie. Trouens, ons is daar om hulle te ondersteun ten opsigte van korrupsie.”

Hy het ook gesê hulle het die ACC van dokumentêre bewyse voorsien om te bevestig die hout kom hulle regmatig toe. “Ons is 'n wettige besigheid.”

Die korrupsiewaghond voer aan die besendings hout – vermoedelik uit die Zambezistreek – is onwettig bekom.

'n Brief, wat in Republikein se besit is, is gister aan die ACC se regspan beteken. In die brief sê Amoomo die ACC het tot aan die einde van gister tyd gehad om die hout terug te besorg, anders word hulle voor die hoërhof gedaag.

Luidens 'n inskrywing op die ACC se Facebook-­blad het hulle ná 'n hofuitspraak verlede week wéér 'n lasbrief bekom en beslag gelê op die hout op Namport se perseel, “en sal as bewysstukke gehou word in die voortdurende korrupsie-­ondersoek”.

Dié inskrywing lui voorts: “Die vragmotors en die hout is glo die eiendom van New Force Logistics.”

In Amoomo se brief is ook aangevoer die besendings hout is nooit kragtens die hofbevel teruggegee voordat weer daarop beslag gelê is nie. Noa ontken dié aantyging ten sterkste.

Noa het terselfdertyd te velde getrek teen kritiek teen die waghond wat lui dat hulle dikwels voortydig optree en só hulself in die verleentheid stel. “Gestel ons ontvang inligting van hout wat onwettig geoes is, en na die hawe vervoer word om landuit te neem, moet ons drie tot vier maande wag totdat die hout die land verlaat het voordat ons optree? Jy moet onmiddellik optree, voordat die bewysstukke die land verlaat.”

Volgens Noa bepaal die omstandighede van elke ondersoek die optrede wat gevolg moet word.

Matthews het bevestig die ACC is reg oor die beslote korporasie wat 80% in Chinese besit is - mnr. Xue­cheng Hou (60%) en mnr. Sha Zhi Hei (20%) - terwyl 20% van die lede­belang deur 'n Indiese burger, mnr. Ranjith Kumar Rajaiyah, gehou word.

Soortgelyk

 

Resessie klou verbete

1 uur gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

1 uur gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

1 uur gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

1 uur gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

1 uur gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...

Standvastig en dapper

1 uur gelede | Mense

Jemima BeukesHuldeblyke stroom in vir die vryheidsveteraan mnr. Petrus Iilonga wat Dinsdagaand op 71-jarige ouderdom gesterf het. Iilonga was 'n voormalige vakbonds­man en politieke gevangene...

Gemeenskap van Okahandja eis antwoorde

1 uur gelede | Regering

Gemeenskapslede van Okahandja het tydens 'n vergadering hul misnoeë met die dorp se huidige bestuur uitgespreek. Mnr. Petrus Gariseb, 'n gemeen­skapsaktivis, het onder andere vir...