Hout: Omgewing vra polisie te hulp

09 May 2019 | Omgewing
Catherine Sasman - Die uitvoerende direkteur van die omgewing en toerisme, mnr. Teofilus Nghitila, het onmiddellike ingryping van die Namibiese polisie versoek om enigiemand wat Namibiese hout oes, vervoer, bemark of uitvoer in hegtenis te neem.

Nghitila het Dinsdag ’n brief aan die polisiehoof, inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga, geskryf ná berigte van die voortgesette oes en vervoer van Namibiese hout in die twee streke van Kavango ondanks die feit dat permitte hiervoor opgeskort is.

Nghitila het geskryf daar moet op enige Namibiese hout wat geoes en vervoer is, beslag gelê word.

Hy het ook gevra die polisie moet verseker enige hout wat van buurlande vervoer word, het die relevante weegbrugsertifikate om toegelaat te word om dit te vervoer en uit te voer.

Teen gistermiddag was die woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, nie bewus van Nghitila se brief nie.

Hy kon ook nie sê of enigiemand in verband hiermee in hegtenis geneem is nie.

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het bevestig die ministerie het nog nie enige inligting oor inhegtenisnemings ontvang nie.

’n Bron in die Kavango-Oosstreek het opgemerk daar is ’n hele aantal padblokkades in die streek opgerig.

Die ministerie van landbou, water en bosbou het verlede Vrydag bevestig stappe sal gedoen word teen mense wat steeds hout afkap en uitvoer, en oortreders moet direk by die ministerie se hoofkantoor in Windhoek of kantore in die streke aangemeld word.

Soortgelyk

 

Bank en depot sal nie sluit nie, sê Peya

9 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga (foto, Nampa), sê mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het...

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

17 minute gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die...

B-dag: Maak of breek

10 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

10 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

10 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

10 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

10 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...